Vliegtuig met egpaar stort in see neer

Larry en Jane Glazer. Foto: Skermskoot uit YouTube-video

Larry en Jane Glazer. Foto: Skermskoot uit YouTube-video

ʼn Bekende egpaar van New York is vermoedelik dood nadat hulle ligte vliegtuig naby die kus van Jamaika in die see gestort het.

Die vliegtuig het sowat 22km noordoos van die kusdorpie Pan Antonio in die see gestort nadat die vlieënier vroeër aangedui het dat die vliegtuig probleme ondervind. Daar is later kontak met die vliegtuig verloor.

Volgens berigte was Larry Glazer, ʼn prominente eiendomsontwikkelaar, en sy vrou, Jane, aan boord die vliegtuig wat van die Greater Rochester Internasionale-lughawe na Naples in Kalifornië gevlieg het.

Die Jamaikaanse weermag het intussen twee vliegtuie en sy duikeenheid ontbied na die gebied waar die vliegtuig glo neergestort het.

“’n Oliekol is waargeneem in die gebied waar ons vermoed die vliegtuig neergestort het,” het Basil Jarret, ʼn woordvoerder van die weermag, gesê.

Jarret sê die vliegtuig se wrak is nog nie gevind nie en dat soek- en reddingspanne die gebied fynkam in die hoop om oorlewendes te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.