Vliegtuig met talle aan boord verdwyn

Foto ter illustrasie

Foto ter illustrasie

ʼn Vliegtuig, met minstens 40 passasiers en bemanningslede aan boord, het oor die noorde van Pakistan verdwyn.

Volgens berigte het die vliegtuig van ʼn toeriste-oord, naby die Afghaanse grens, opgestyg en was dit onderweg na Islamabad. Die klein ATR-42-vliegtuig het kort voordat dit sou land, kontak met die beheertoring verloor.

Die vliegtuig het moontlik volgens berigte in ʼn bergagtige gebied neergestort, maar dit is nog nie sover bevestig nie. Die Pakistanse weermag het intussen soek-en-reddingspanne uitgestuur om na die vliegtuig te soek.

ʼn Vliegtuig het verlede week in Colombië neergestort en slegs ses van die 77 mense aan boord het dit oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Simon ·

Gesien,
Ek het myself as lugvaartkundige voorgeneem om nie te regeer nie, maar ek het n totale onvermoee om die kloutjie by die oor te kry met jou opmerking.
Waarvandaan kry jy jou info om so iets op n openbare forum te beweer.

Gesie ·

Uit Switzerland . Probeer waarsku maar hierdie plek delete al my comments.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.