Vliegtuig neergeskiet in Oekraïne, 49 sterf

Oekraïne taalMinstens 49 Oekraïnse soldate is glo dood nadat pro-Russiese separatiste ‘n vragvliegtuig naby die oostelike stad Luhansk neergeskiet het.

Die Oekraïnse weermag sê die vliegtuig was besig om ‘n lughawe te nader toe dit neergeskiet is. Die vragvliegtuig het militêre personeel, masjinerie, toerusting en voorraad vervoer.

Vladislav Seleznyov, woordvoerder van die departement van verdediging, sê volgens voorlopige inligting wat aan soek- en reddingspanne verskaf is, is 49 soldate vermoedelik dood.

Die afgelope weke is gekenmerk deur gevegte tussen veiligheidsmagte van die Kiëf-regering en burgermagte van die selfverklaarde Luhansk People’s Republic.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.