Vliegtuig stort neer in Colombia

Die is glo die wrak van die vliegtuig. Foto: @AndresFelipe/Twitter

Die is glo die wrak van die vliegtuig. Foto: @AndresFelipe/Twitter

ʼn Vliegtuig met minstens 80 mense aan boord het in Colombia neergestort.

Volgens die plaaslike uitsaaier Caracol is lede van ʼn Brasiliaanse sokkerklub aan boord die vliegtuig en was hulle op pad na ʼn wedstryd in Medellin. Daar was volgens berigte 72 passasiers en nege bemanningslede aan boord die vliegtuig.

Daar is radarkontak met die vliegtuig verloor nadat dit naby die dorpie La Union verbybeweeg het. Dit is in dié stadium nie duidelik of die vliegtuig neergestort het terwyl daar moontlik ʼn noodlanding gedoen moes word nie.

Dit is ook nog nie duidelik of enigiemand in die voorval dood is of die aard van beserings nie.

Federico Gutierrez, burgemeester van Medellin, het gesê dit is moontlik dat daar oorlewendes is. “Dit is ʼn tragedie van groot omvang,” het hy aan ʼn plaaslike radiostasie gesê onderweg na die toneel.

Lughawebeamptes het bevestig spelers van die Chapecoense-sokkerklub was aan boord die vliegtuig. Die vliegtuig het in Bolivië opgestyg en was veronderstel om by die Medellin-lughawe te land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Aubrey Vermaak ·

Sterkte aan die naas bestaandes. As mens na die foto van die wrak kyk glo ek nie daar is enige oorlewendes nie. Tragies. RIP

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.