Vliegtuig stort neer met minstens 18 passasiers

Gemeenskapslede by die wrak van die vliegtuig. (Foto: Twitter)

Minstens 16 passasiers en twee bemanningslede is dood nadat ’n vliegtuig in die stad Goma in die Demokratiese Republiek van die Kongo neergestort het.

Die vliegtuig het Sondagoggend in huise in die Mapendo-woonbuurt naby die Goma-lughawe ingeploeg nadat dit na bewering met die opstyging probleme ondervind het.

Nzanzu Kasivita, provinsiale goewerneur van Noord-Kivu, het die voorval bevestig. Hy het egter nie ’n dodetal bevestig nie.

Plaaslike media berig verskeie inwoners van die huise is onder die slagoffers.

Die vliegtuig was ten tyde van die voorval op pad na Beni, ongeveer 350 km noord van Goma in dieselfde provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christa ·

Hulle Kan gerus oorsee se Nuus Hou. Hier in SA is genoeg sondes en Slade’s en skandes aan die gang.

Oosie ·

Ja Afrika beweeg met ‘n vreesaanjaende spoed agteruit. In alle opsigte.

jaco ·

Seker ‘n regstellende aksie vlieënier… Maar as mens sê neem meriete en opleiding in ag, dan reën dit van beskuldigings met woorde soos rassisme, kolonialisme, wit monopolie kapitaal, anti-transformasie en en en.

Johanna Botha ·

DRK het n baie swak veiligheids rekord en magnie in die EU vlieg nie …wys jou net

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.