ʼn Vliegtuig met niemand aan boord het in ʼn veld naby Saskatchewan, Kanada neergestort en natuurlik is niemand beseer nie.
Volgens die polisie in Kanada het die ongeluk Donderdag net voor 18:00 naby die Nipawin-lughawe plaasgevind.
Die voorlopige ondersoek dui daarop die vlieënier het die vliegtuig se skroef voor op die neus met sy hand staan en draai, maar voordat hy in die Aeronca Chief-tweesitplekvliegtuig kon klim, het dit vorentoe begin beweeg op die aanloopbaan en genoeg spoed opgetel om na 10 meter op te styg.
Die vlieënier het op die aanloopbaan bly staan – verneder, maar ongedeerd.
Die vliegtuig het kort daarna neergestort.
Onthou eerder Jacob Zuma…
…hy is verantwoordelik vir duisende sterftes deur swak bestuur van die hele land en doen niks aan veiligheid van SA se lands-burgers..hy laat toe dat duisende kriminele en moordenaars oor ons grense spoel..hy bullet-proof sy kasteel…en plunder die geldkis om eendag in n veiliger Europa te gaan aftree..saam al die korruptes wat die boot gaan verlaat as dit begin sink en dan in die buiteland sit en toekyk.
Ag hoekom was zoempie nie daarin nie. Neeeee RA jy totaal verkeerd as hy nog dink hy wil buiteland toe vir assiel dan het hulle sy visum gekansieleer hulle ken hom te goed. Hulle sit hom so op die kant lyn en uitkyk. Hulle soek nie daai nomade trek en klomp krose by hulle nis