
Die ligte vliegtuig het naby die Orebro-lughawe in Swede neergestort. (Foto: Jeppe Gustafsson / TT NEWS AGENCY / AFP)
Al agt valskermspringers en die vlieënier van ’n valskermvliegtuig is dood nadat dié ligte vliegtuig Donderdagaand in Swede neergestort het.
Die Sweedse polisie het Vrydag die amptelike dodetal bekend gemaak nadat die ligte vliegtuig Donderdag kort ná 19:00 met die opstyg by die Orebro-lughawe, ongeveer 160 km van Stockholm, neergestort het.
“Dit is ’n baie ernstige ongeluk,” het die Sweedse polisie op hul webwerf gesê. “Almal aan boord die vliegtuig wat neergestort het, is dood.”
Die vliegtuig is in Sweedse media as ’n DHC-2 Beaver geïdentifiseer, wat deur die plaaslike valskermspringklub gehuur is.
“Die meeste valskermspronge word gewoonlik oor naweke gedoen, maar die klub het ’n vliegtuig gehuur om heelweek lank te kan spring,” het Anna Oscarsson, kommunikasiehoof van die Sweedse valskermspringvereniging, aan die uitsaaier SVT gesê.
Nege mense het ook in 2019 omgekom toe ’n vliegtuig met valskermspringers buite die Sweedse stad Umea neergestort het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Diè spesifieke Beaver is ‘n agt sitplek. As die inligting korrek weergee word, was dit oorlaai. Én hulle het almal bagasie gehad in die vorm van valskerms. Myns insiens het gewig ‘n kritieke rol gespeel.
Hoekom nie gespring nie? Of het dit kort na oostyg gebeur?