Vliegtuig stort op Taiwannese eiland neer

transasia-airways-a330300-630-620x413Minstens 47 mense is volgens berigte dood nadat ‘n vliegtuig Woensdag naby ‘n lughawe op ‘n klein Taiwannese eiland neergestort het.

Yeh Kuang-shih, Taiwan se minister van vervoer, het aan die Central News Agency gesê dat 58 passasiers en bemanningslede aan boord die vliegtuig was.

Volgens berigte kon minstens 11 mense daarin slaag om uit die vliegtuig te ontsnap voor dit glo aan die brand geslaan het. Die ander passasiers en bemanningslede is glo in die vliegtuig vasgekeer.

TransAsia se vlug GE222 het van Kaohsiung na die Penghu-eiland gevlieg. Die vliegtuig het glo ‘n noodlanding probeer maak weens gure weer.

Volgens berigte het die vliegtuig egter weer probeer opgestyg maar neergestort toe dit ‘n tweede noodlanding probeer maak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Opinie ·

Drie vliegtuigrampe in Een Jaar?
Eers MH370
Buiten vir die feit dat die twee vlieëniers tog maar eintlik skuldig is aan breek van algemene reels ten aansien van die feit dat hulle passasiers tydens ‘n vlug in die kajuit toegelaat het, wat veronderstel is om verbode te wees en dan boonop nog te rook ook. MH370 was dus ‘n ramp wat gewag het om te gebeur, ongeag die omstandighede rondom dit. Dis egter net ‘n kwessie van wanneer die vliegtuig opgespoor gaan word en vasgestel gaan kan word waarom die vliegtuig neergestort het.

Dan MH17
In my opinie is Air Maylasia tog maar in ‘n mate verantwoordelik vir die 298 lewens wat hierdie ramp geëis het, aangesien dit nie ‘ou nuus’ is dat die konflik tussen Ukraine en Rusland nou al vir die afgelope paar maande, amper ‘n jaar besig is om oor te kook nie. Om die wêreld heen weet ons ook dat Rusland beskik oor van die gesofistikeerde wapens en misiele wat enige terroris se droom kan verwensenlik. Derhalwe, om selfs net te konsidereer om daardie roete te vlieg ‘al was dit goedgekeur’, was maar ‘n goedkoop ‘kans’ wat gewaag is op 298 onskuldige mense se lewens. Veiligheid kom beslis nie eerste by Air Malaysia nie, ongeag die misiel wat hierdie vliegtuig afgeskiet het, was die vliegtuig ooglopend nie veronderstel om op hierdie roete te wees nie.

Dan TransAsia GE222
Eks seker as hierdie vliegtuig met die eerste poging toegelaat was om te land, was al hierdie lewens ook vandag nou gespaar. Daars ‘n rede waarom vliegtuige ‘noodlandings’ wil maak tydens ongurige weersomstandighede, sodat die vliegtuig so spoedig doenlik op die aanloopbaan kan kom en uit die lug en nie NOG ‘N ROETE HOEF TE SIRKEL NIE.

Al drie hierdie vlugrampe skree vir my: HUMAN ERROR, HUMAN ERROR, HUMAN ERROR.

Ek dink veiligheids reels, sowel as bevoegtheidsreëls ten aansien van vlieëniers asook algemene veiligheid op die vliegtuig asook die mense wat die vliegtuie op die skermpies moet dophou moet hersien word, maak die lugrederye nog veiliger en tref eerder voorsorg as wat jy met die toffie van nasorg in die kies moet sit. Dankie vir lugrederye soos onder andere: Etihad, Singapore, Quantas asook Emirates vir wie menselewens baie belangriker en veiligheid eerste op die lys is van voorsorg tref. Bly maar weg van enige Indiese of Maylaysiese lugrederye, daars ‘n rede waarom hulle vlugte nie in die lug kan bly nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.