Vliegtuig val met 157 mense aan boord

(Argieffoto)

ʼn Vliegtuig van Ethiopian Airlines met 157 mense aan boord het Sondagoggend geval kort nadat dit opgestyg het in Addis Abeba op pad na Nairobi.

Die lugredery het in ʼn verklaring gesê 149 passasiers en agt bemanningslede was aan boord van die Boeing 737 toe dit neergestort het ses minute nadat dit opgestyg het.

Die vliegtuig het om 08:38 (plaaslike tyd) opgestyg en naby Bishoftu, voorheen Debre‑Zeit, geval – sowat 50 km van Addis Abeba af.

Die lugredery sê ʼn soek-en-reddingsoperasie is tans aan die gang en ʼn dodetal of getalle van oorlewendes kan nie onmiddellik bevestig word nie. Die kantoor van die Ethiopiese eerste minister het egter reeds die regering se medelye aan die families van die mense aan boord betuig.

Dit was ook nie onmiddellik bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

marco polo ·

O hel! Ek vlieg gereeld met Ethiopian en was op die punt om weer ‘n vlug na SA te boek, hulle is strate beter as SAA. Sal maar weer teruggaan na Emirates. Simpatie met naasbestaandes.

Santjie ·

Dis skrikwekkend. Etiopië het tans beste lugredery op vasteland soos ek verstaan. Sterkte vir al die naasbestaandes.

Ellisras ·

Ek het al met Ethiopian gevlieg. Dit is juis nou die regte tyd om weer met hul te vlieg. Hul is nou op hulle tone. Al hulle stelsels sal nou juis na gegaan word. As jy Europa toe gaan is Air Namibia ook heel skaflik.

Viva ·

mARCO pOLO SE punt is dat hy eers nou vir ‘n rukkie ander lugrederye gaan uitprobeer totdat Air EThiopia se ondersoeke afgehandel is . nie SO moeilik om te verstaan nie is dit? Hy het die reg om dit te doen ..

Klip in die bos ·

Publiseer die instandhoudingsrekord lewens het in die slag gebly. Nie goeie nuus nie.

Spyker ·

ek verstaan wa jy se
sopas met hulle gevlieg…was uitstekend
…beste diens ooit.

marco polo ·

GM, ek het goeie ervarings met Ethiopian gehad en het juis met hulle begin vlieg nadat die vorige vliegtuig geval het, met die redenasie dat dit onwaarskynlik is vir ‘n tweede ongeluk. Lyk my ek was verkeerd. Ek sou nietemin graag die nuwe lughawe in Addis Ababa wou sien, voorheen was dit maar …agterlik.

Lex ·

Indien Ethiopie die beste lugredery in Afrika bedryf dan wil ek nie weet hoe die ander lugrederye in Afrika is nie.

Wiks ·

Baie slegte nuus. Baie simpatie vir die families and naasbestaandes. Dis die 2de keer binne ‘n jaar dat ‘n Boeing 737 Max 8 kort na opstyg val.

bosluis ·

Jip, en dit klink met huidige inligting bekend, na dieselfde rede as die vorige vliegtuig wat geval het, n paar maande terug in Indonisië – as ek reg onthou. Die probleem dui tans nie op die lugredery nie, maar op Boing 737 Max 8

jakes ·

Daar vlieg daagliks honderde van hierdie spesifieke vliegtuie en nou word die vliegtuig blameer vir die tragedie. Slegs 2 vliegtuie het neergestort. Ek sou eerder eers probeer vasstel of albei vliegtuie korrek versien is deur bekwame meganiese personeel. Let asb daarop dat Indonesie n land is wat berug is vir vliegtuig ongelukke. Die berigte beweer dat die loods slegs 200 vlieg ure gehad het wat maar aan die min kant is.

Obvious ·

Janee die feit dat hy in SA geland het vir ‘n OPCHECK maak my beslis nie gerus nie … Alhoewel die vlieenier 8000 ure gehad het het die hulp vlieenier slegs 200 gehad .. dit klink vir my nie reg nie, alhoewel dit ook nie die oorsaak van die vliegongeluk was nie .. hoekom dit noem as dit so min is? Ek sweer jy kan nie daardie tipe vliegtuie met 200 ure vlieg nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.