Vliegtuig van Air Algerie het glo neergestort

Argieffoto (Air Algerie)

Argieffoto (Air Algerie)

ʼn Vliegtuig van Air Algerie met 116 mense aan boord, insluitend burgers van Frankryk en Spanje, het moontlik weens slegte weer neergestort.

ʼn Lugvaartbeampte van Algerië, wat anoniem wou bly, het aan Reuters bevestig die vliegtuig het neergestort. Hy wou egter nie verdere besonderhede verskaf nie.

Die president van Frankryk, François Hollande, hou Donderdagmiddag ‘n ministeriële vergadering oor die vermiste vliegtuig. Hy het nog nie bevestig dat die vliegtuig neergestort het nie.

Die lugredery het ongeveer ʼn uur nadat vlug AH5017 by Ouagadougou in Burkina Faso opgestyg het, kontak verloor met die vliegtuig. Die vliegtuig was onderweg na die Algerynse hoofstad Algiers.

Jean Bertin Ouedrago, minister van vervoer in Burkina Faso, het gesê die vliegtuig moes Donderdag om 01:38 van koers verander weens ʼn kwaai storm in die gebied.

Volgens die lughawe in Ouagadougou se amptelike Facebook-blad was daar onder die passasiers 51 Franse, 28 Burkinese, 20 Libanese, 5 Kanadese, 4 Duitsers, 1 Luxemburger, 1 Switser en die 6 bemanningslede was almal van Spanje.

Bronne in die lugdiens het aan AFP gesê die vliegtuig was ʼn McDonnell Douglas MD-83 wat by die Spaanse maatskappy, Swiftair, gehuur is. Die ses bemanningslede was almal van Spanje. Swiftair het binne ʼn uur ná die vliegtuig opgestyg het, bevestig die vliegtuig word vermis.

Bron: Aéroport de Ouagadougou (Facebook), Sapa, CNN, RTE.ie, USA Today en The Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

Gewoonlik is n siklus van 3 die norm, maar hierdie is noual 4, baie tragies.

Paplepel ·

Jy is reg. Op die huidige stadium lyk dit of dit 3 siklusse van 3 elk gaan wees…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.