Vliegtuigongeluk eis 71

Foto: Life.ru via AP

Pres. Wladimir Poetin van Rusland het ʼn ondersoek gelas na ʼn vliegtuigongeluk waarin 71 mense dood is.

Die passasiersvliegtuig van die Saratov-lugdiens het Saterdag neergestort kort nadat dit van die Domodedowo-lughawe in Moskou opgestyg het.

“Die president het opdrag gegee dat ʼn spesiale kommissie van ondersoek aangestel word,” het Dmitry Peskov, woordvoerder van die Kremlin, gesê. Poetin het sy medelye met die families uitgespreek wat geliefdes in die ongeluk verloor het.

Foto: Life.ru via AP

Die An-148-straler se wrak is naby die dorpie Stepanovskoye gevind. Wrakstukke het verstrooid oor die sneeubedekte veld gelê. Die vliegtuig was op pad na die stad Orsk naby die grens aan Kazakstan. Daar was 65 passasiers en ses bemanningslede aan boord die vliegtuig. Al die oorledenes benewens drie mense was van Rusland.

Volgens die Russiese lugvervoeragentskap is radiokontak minute ná die vliegtuig opgestyg het, verloor. Saratov het die agt jaar oue vliegtuig in 2017 van die Rossiya-lugredery gekoop.

Daar was sedert 2010 vier groot vliegtuigongelukke in Rusland waarin meer as 240 mense dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

F7 ·

*Vladimir (In russies kry jy twee spellings vir die naam – “Wladimir” en “Vladimir”.
*Putin
*Domododevo

Haibo ·

Gelukkig is hierdie nie ‘n Russiese koerant nie. Ek glo almal weet van wie daar gepraat word.

Gerhard ·

Wladimir Poetin in Russies volgens Wikipedia:
Влади́мир Влади́мирович Пу́тин

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.