Vliegtuigongeluk in China met 133 aan boord

China Eastern-vlug MU5735 (Skermskoot van FlightRadar24)

ʼn Passasiersvliegtuig van China Eastern met 133 persone aan boord het in die suidweste van die land neergestort. Die dodetal is nog nie bekendgemaak nie.

Die staatsuitsaaier CCTV het Maandag gesê die ongeluk het ʼn brand op die berg veroorsaak waar die vliegtuig neergestort het.

Die Boeing 737-vliegtuig het in die landelike deel naby Wuzhou in Guangxi plaasgevind, het die provinsiale nooddiensbestuurburo aan CCTV gesê. Reddingspanne is reeds ontplooi.

Plaaslike media berig dat China Eastern-vlug MU5735 nog nie by sy geskeduleerde bestemming in Guangzhou aangekom het nie. Die vliegtuig het Maandag kort ná 13:00 (0500 GMT) by Kunming opgestyg.

Daar is nog nie dadelik reaksie van China Eastern nie.  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.