Vlug draai ure later om oor verkeerde passasier

John Legend en sy vrou Chrissy Teigen. Foto: Jordan Strauss/Invision/AP

ʼn Vlug van All Nippon Airways wat vanaf Los Angeles na Tokio onderweg was, het vier ure nadat dit opgestyg het, omgedraai nadat daar besef is een van die passasiers hoort nie op die vlug nie.

Volgens die lugredery het die vlieënier besluit om terug te keer na die lughawe waarvandaan die vlug opgestyg het as deel van die lugredery se veiligheidsprosedures. Vlug 175 het Dinsdag om 11:36 vanaf die lughawe Los Angeles Internasionaal (LAX) opgestyg en om 19:33 weer daar geland.

Die model Chrissy Teigen en haar sangerman John Legend was op die vlug en het saam met ander passasiers gewonder hoekom die vliegtuig na vier van die elf-uur-lange reis omdraai. Teigen het verskeie plasings op Twitter oor die voorval gemaak.

Die FBI het ondersoek ingestel na die voorval en gesê niemand is in hegtenis geneem nie. Die lugredery het intussen nog nie bekend gemaak hoekom die verkeerde kaartjie aanvaar is en die passasier op die vliegtuig toegelaat is nie.

Die lugredery het om verskoning gevra aan passasiers wat ontwrig is. Die vlug het later na Tokio vertrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wim Kotze ·

Wat is die nuuswaarde hier? Wie is die bimbo en haar man? Is sy SA se nuwe gesant na die AU?

J ·

Wim Kotze noem jy jou vrou,ma, suster en dogter ook vir geen rede n ” bimbo”. Dis 2017, kom by.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.