Vlug MH370: Een jaar later

Argieffoto

Argieffoto

Maleisië en China het Sondag beloof om voort te gaan met hul soektog na die vermiste Malaysia Airlines vlug MH370, een jaar nadat die vliegtuig spoorloos verdwyn het.

Vlug MH370 het op 8 Maart 2014 verdwyn met 239 mense aan boord. Daar word vermoed dat die vliegtuig in die Indiese Oseaan naby Australië in die see gestort het. Die vliegtuig was van Kuala Lumpur na Beijing onderweg toe dit van radar verdwyn het.

“Maleisië bly daartoe verbind om voort te gaan met die soektog en is hoopvol dat MH370 gevind sal word,” het premier Najib Razak gesê. “Geen woorde kan die pyn beskryf waardeur die families van diegene wat aan boord was, gaan nie. Die gebrek aan antwoorde en definitiewe bewyse maak dit moeiliker om te hanteer.”

Tony Abbott, premier van Australië, het gesê die soektog gaan voort. Australië lei die soektog aan sy weskus en in die suide van die Indiese Oseaan. Abbott het gesê die soektog “kan nie vir altyd voortgaan nie, maar solank daar redelike leidrade is, sal die soektog voortgaan”.

Volgens Abbott is 40% van die aangewese 60 000 vierkante kilometer al tydens die ondersese soektog gefynkam.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Vlug MH370.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jacques ·

Mmm lyk net soos Puten se privaat fliegtuig het iemand perongeluk verkeerde vriegtuig afgeskiet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.