Vlug MH370: Families gaan privaat soektog finansier

Argieffoto

Argieffoto

Familielede van die passasiers op die vermiste Malaysia Airlines vlug MH370 het Saterdag ʼn gedenkdiens gehou en aangekondig dat ʼn privaat fonds gestig is om die soektog na die vliegtuig voort te sit.

Die Boeing 777 het op 8 Maart 2014 verdwyn op pad van Kuala Lumpur na Beijing met 239 persone aan boord.

Die gedenkdiens is by ʼn winkelsentrum gehou met uitstallings van plaaslike kunstenaars, praatjies deur internasionale kenners en huldeblyke deur die naasbestaandes van Frankryk, Australië, Indië en China.

Die soektog na die vermiste vliegtuig is vanjaar op 17 Januarie amptelik opgeskort.

Jacquita Gonzales, vrou van MH370 se aan boord toesighouer, het aan ʼn plaaslike koerant gesê sy was “moedeloos” toe sy die nuus gehoor het.

“Ons wil weet waarom die soektog opgeskort is,” het Grace Nathan, ʼn prokureur van Maleisië wie se ma op die vliegtuig was, gesê.

Die hoof van die Australiese departement wat die soektog gelei het, het gesê die wrak is waarskynlik noord van die amptelike soekgebied in die Indiese Oseaan, en dit het tot ʼn verwagting gelei dat die vliegtuig steeds gevind kan word.

Volgens die New Straits Times, het Maleisië se minister van vervoer die privaat finansiering vir die soektog verwelkom.

Tot dusver is 27 wrakstukke, insluitend wrakstukke wat in Suid-Afrika gevind is, gevind.

Ongeveer $15 miljoen word benodig om die soektog na die vermiste vliegtuig te hervat.

Lees alle vorige berigte oor Vlug MH370 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

Interessant om te kyk na hoe die see woel. In drie jaar is wrakstukke versprei na verskillende wêrelde. Wonder wat hulle probeer bereik om ‘n verdere soektog te finansieër. Indien daar ‘n bom was sou een of ander moslemgroep reeds gespog het en dit as hul werk bestempel het. So, miskien moet hulle maar berus want selfs al word die wrak gevind sal dit niks verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.