Die vlugdata-opnemer is ook vroeër Maandag in dieselfde gebied gevind. Die data van beide opnemers is noodsaaklik om te probeer bepaal wat moontlik tot die ongeluk kon gelei het. Die vliegtuig se stert is ook oor die naweek gevind.
AirAsia het intussen bevestig altesaam 48 liggame is al gevind waarvan 32 reeds geïdentifiseer is. Die soektog duur voort.
AirAsia Vlug QZ8501 het op 28 Desember 2014 tussen Surabaya in Indonesië en Singapoer verdwyn. Die Airbus A320-200 met 162 persone aan boord het verdwyn nadat die vlieënier versoek het om van koers af te wyk weens slegte weersomstandighede.
Lees alle vorige berigte oor Vlug QZ8501 op Maroela Media.