Vlug QZ8501: Minstens 40 liggame, wrakstukke gevind

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Minstens 40 liggame en wrakstukke is in die see gevind nadat AirAsia Vlug QZ8501 Sondag tussen Surabaya in Indonesië en Singapoer verdwyn het.

Die Indonesiese vloot het egter gesê daar is nog nie amptelike bevestiging dat die oorskot wel van die vliegtuig af kom nie.

Die Airbus A320-200 met 162 persone aan boord het verdwyn nadat die vlieënier versoek het om van koers af te wyk weens slegte weersomstandighede.

Bambang Soelistyo, hoof van die soek- en reddingspoging, het aan BBC gesê hy is 95% seker die wrakstukke is wel van die vliegtuig en het bygevoeg daar is ʼn skaduwee onder die water wat lyk of dit in die vorm van ʼn vliegtuig kan wees.

Minstens 30 skepe, 15 vliegtuie en sewe helikopters het aan die soektog deelgeneem.

Daar was 137 volwassenes, 17 kinders en een baba aan boord tesame met twee vlieëniers en vyf bemanningslede. Een van die passasiers is van Engeland, een van Maleisië, een van Singapoer en drie van Suid-Korea. Altesaam 149 passasiers is van Indonesië. Een van die bemanningslede is van Frankryk en ses van Indonesië.

Ng Eng Hen, Singapoer se minister van verdediging, het in ʼn verklaring bevestig sy land se lugmag sal steeds sy hulp verleen aan die operasie. “Die SAF sal alles in sy vermoë doen om Indonesië in hierdie moeilike tyd te help,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor Vlug QZ8501 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JZ ·

N mens kan net meegevoel betoon met die slagoffers se naasbestaandes ,n mens sal seker nooit kan beskruif hoe die mense voel nie behalwe om self in so n situasie te beland

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.