Vlug QZ8501: Swartbokse opgespoor

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Duikers van die soek- en reddingspan in Indonesië het Maandag die vlugdataopnemer van die AirAsia-vliegtuig wat op 28 Desember 2014 met 162 persone aan boord neergestort het, opgespoor.

“Die soekspan het ʼn gedeelte van die swartbokse omstreeks 07:11 (plaaslike tyd) opgespoor,” het Bambang Sulistyo, direkteur van die soekspan, gesê. Die opnemer uit die kajuit is nog nie gevind nie.

AirAsia het Sondag op sy Facebook bevestig altesaam 48 liggame is al gevind waarvan 32 reeds geïdentifiseer is. Die soektog duur voort.

AirAsia Vlug QZ8501 het op 28 Desember 2014 tussen Surabaya in Indonesië en Singapoer verdwyn. Die Airbus A320-200 met 162 persone aan boord het verdwyn nadat die vlieënier versoek het om van koers af te wyk weens slegte weersomstandighede.

Lees alle vorige berigte oor Vlug QZ8501 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.