Vlug QZ8501: Vliegtuig se wrak gevind

Grafika: Andrew Heneen/Wikimedia

Grafika: Andrew Heneen/Wikimedia

Indonesiese reddingspanne het AirAsia Vlug QZ8501 se wrak op die bodem van die see gevind, berig CNN.

Volgens die berig is die wrak met behulp van sonar-tegnologie gevind. Dit kom nadat daar Dinsdag wrakstukke en talle lyke in die see langs die kus van Indonesië gevind is. Volgens CNN is daar reeds sewe liggame, vier mans en drie vroue, uit die water gehaal.

AirAsia Vlug QZ8501 het Sondag tussen Surabaya in Indonesië en Singapoer verdwyn. Die Airbus A320-200 met 162 persone aan boord het verdwyn nadat die vlieënier versoek het om van koers af te wyk weens slegte weersomstandighede.

Daar was 137 volwassenes, 17 kinders en een baba aan boord tesame met twee vlieëniers en vyf bemanningslede. Een van die passasiers is van Engeland, een van Maleisië, een van Singapoer en drie van Suid-Korea. Altesaam 149 passasiers is van Indonesië. Een van die bemanningslede is van Frankryk en ses van Indonesië.

Lees alle vorige berigte oor Vlug QZ8501 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.