Die vlugtelingekrisis in Europa duur nou al vir meer as ʼn jaar voort.
ʼn Vlugteling is Donderdag deur grenspolisie doodgeskiet toe ʼn groep van sowat 50 vlugtelinge uit Afghanistan oor die grens tussen Bulgarye en Turkye probeer vlug het. Die grenspolisie het die vlugtelinge verskeie kere gevra om te stop en dadelik om te draai.
Die groep mans, almal tussen 20 en 30 jaar, het glo geweier om te stop en voortgegaan om in die rigting van Bulgarye te beweeg. Die polisie het waarskuwingskote begin afvuur en een van die skote het ʼn vlugteling in die nek getref naby die stad Sredez in die suidooste van Bulgarye. Die gewonde man is dadelik na ʼn hospitaal geneem, maar is dood verklaar nog voor hy die hospitaal bereik het. Die ander mans, wat blykbaar geen wapens gedra het nie, is gevange geneem.
Die Bulgaarse president, Boiko Borisof, is tydens ’n EU-vergadering oor vlugtelinge in Brussel van die voorval ingelig. Hy het dadelik die beraad verlaat en teruggereis na Bulgarye.
Die voorval word as ʼn ongeluk voorgehou en daar word aangevoer dat die koeël teen iets vasgeskiet en so van rigting verander het. Verdere ondersoeke word tans gedoen.
Die “vlugtelinge” se einddoel is die Islamitisering van Europa.
Ek stem. Hoop iemand maak hulle oë oop.
Die sewende toon van Nebukadneser se goue standbeeld met die voete van klei is besig om gevorm te word. Die Midde-Oosterse toon. Dan is 4 tone al klaar, nog ses om te gaan.
Genis – vertel my waar kan ek daarvan lees asb. [email protected]
Openbaring en dan ook in die apokriewe
Dis die begin van die oorname van Europa deur die Moslems Europa word nou ast ware ingeval deur die Moslems en ISIS versprei so wereld wyd
Dis die begin van die oorname van Europa deur die Moslems Europa word nou ast ware ingeval deur die Moslems en ISIS versprei so wereld wyd
Ben, dit is ongelukkig nie op die internet beskikbaar sover ek weet nie. Ek sal vir jou ‘n epos moet saamstel maar sal eers so Sondagmiddag daarby kan uitkom.
ek dank jou – ek is oop vir kennis
More mag ek ook asb vra vir daardie inligting interseer my baie en weereens is Operbaring nie altyd so duidelik
[email protected] groete
Ek het nog nie die apokriewe boeke gelees nie. Word die globale militêre en ekonomiese strategie dan daarin bekend gemaak en die tone van die goue beeld by die naam geïdentifiseer? Jy weet so baie Mica, dalk kan jy die vreemde samestelling van die vierde toon waarvan Suid Afrika ook deel sal uitmaak aan my verduidelik. Dit slaan my steeds dronk. Ek sou dit nooit kon raai nie.