Vlugverbod van SA na Nederland opgehef

(Foto verskaf deur KLM)

Die vlugverbod van Suid-Afrika na Nederland is opgehef ná ʼn aankondiging Dinsdag deur die Nederlandse regering.

KLM Royal Dutch Airlines bevestig dat Nederlandse burgers en inwoners van die Europese Unie of Schengen-gebied nou van Suid-Afrika na Nederland mag reis. Ander persone mag slegs na Nederland reis indien hulle aan sekere vereistes tydens die Covid-19-pandemie voldoen.

Passasiers wat van Suid-Afrika na Nederland reis moet ʼn negatiewe Covid-19-uitslag kan bewys. Dié toets moet binne minder as 24 uur voor vertrek afgehandel wees. Reisigers moet ook ʼn kwarantyn-verklaring afhandel en 10 dae lank isoleer met hul aankoms. Die kwarantynperiode kan ná vyf dae opgeskort word indien ʼn tweede Covid-19-toets negatief is.

KLM het daaglikse vlugte tussen Amsterdam en Johannesburg en vier keer per week tussen Amsterdam en Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.