VN sê mensdom kan nóg dodelike siektes opdoen

David Nabarro. Foto: VN

David Nabarro. Foto: VN

Die mensdom kan binne die afsienbare toekoms tot vyf nuwe siektes per jaar by diere oorneem, sommiges veel erger as ebola, aldus die Verenigde Nasies.

Dr. David Nabarro, die VN se spesiale gesant oor ebola, het pas gewaarsku dat van hierdie siektes ’n bedreiging vir die ganse mensdom kan inhou, en dat behoorlike voorsorg getref moet word.

Onder die meer onlangse voorbeelde het hy na ernstige akute respiratoriese sindroom (SARS) verwys en Midde-Oosterse respiratoriese sindroom (MERS), wat waarskynlik oorspronklik van vlermuise af oorgedra is en waar kamele as draers na die mensdom optree.

Klimaatsverandering wat nuwe habitatte vir draers skep, en die mens se indringing in voorheen ongeskonde gebiede soos die trope, verhoog die risiko dat die mensdom aan nuwe siektes blootgestel word.

Bronne: De Standaard, TyPad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jacques ·

Ja ons het daai SARS siekte klaar by ons.Die res gaan seker in n lab vervaardig word in die toekoms.

Gert Fouche ·

Ja en die ANC se antidoot is ‘n nuwe idioot om die SARS siekte te beheer – ironies hoe die goed oral versprei
!

nig ·

Nou-ja, die mens bly net broei asof daar onuitputbare bronne van voedsel, spasie ens is, so iets moet gebeur om die goeie genepoel se voortbestaan te verseker.

Peet Schabort ·

Daar is SA’kaners in Amerika wie se kinders op skool gespot word dat hul draers van Ebola is.
Die onkunde oor ons is verbasend. Daar is ook aan my in Amerika gevra waarom ek nie swart is.
Terug na siektes: Dit kan heel moontlik weer van Afrika afkomstig wees want by navraag blyk dit dat daar tans GEEN griepinspuitings te krye is ? Sou iets soos hierdie waar wees dan kan mens jou net indink aan die moontlikhede en gevolge van tekorte aan ander voorkomende medisynes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.