VN-veiligheidsraad wil volksmoorde voorkomend aanspreek

20th Anniversary of the Rwandan GenocideMet die VN-veiligheidsraad se bespreking ter herdenking van die Rwandese volksmoord van 1994, het die lidlande besluit dat die probleem in die toekoms meer doelbewus en sistematies as reaktief, soos in die verlede, aangespreek moet word.

Die organisasie wat hulle hiermee bemoei, Responsibility to Protect (R2P), sê die lidlande het besef dat ‘n reaktiewe benadering tot gevolg kan hê dat ‘n volksmoord reeds plaasgevind het voor opgetree word.

Dit het in die bespreking ook aan die lig gekom dat die Veiligheidsraad in 1994 van onvoldoende inligting voorsien is om betyds in Rwanda op te tree.

Die Veiligheidsraad het reeds aan die begin van sy bespreking resolusie 2150 eenparig aanvaar wat voorsiening maak vir voorkomende en operasionele fases van ingryping. Die resolusie sluit die erkenning van internasionale ooreenkomste in wat ook etniese suiwering, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom insluit.

Van lande word verwag om self intern ook op vroeë waarskuwingstekens te let en dienooreenkomstig op te tree. Onder die waarskuwingstekens is menseregteskendings en optrede wat tot haat aanleiding gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.