Voëlspesies vinnig aan’t uitsterf – verslag

Swartnekkraanvoëls word in die Caohai- nasionale natuurreservaat in die suidweste van China se Guizhou-provinsie. (Foto: He Huan, Xinhua)

Die getalle van amper die helfte van alle voëlspesies wêreldwyd is aan die afneem en uitwissing staar een uit elke agt spesies in die gesig.

Dit is volgens ʼn omvattende nuwe verslag wat waarsku dat menslike bedrywighede al meer spesies na die rand van uitwissing dryf en dat die natuur “in die moeilikheid” is. Die “State of the Wold’s Birds”-verslag word elke vier jaar bekendgemaak en bied ʼn oorsig van die spesies se welstand wêreldwyd en bied ook ʼn barometer vir biodiversiteit.

Luidens die verslag is een uit elke agt van die wêrelde se voëlspesies aan die uitsterf en sterf spesies ook al vinniger uit. “Amper die helfte (49%) van voëlspesies wêreldwyd se getalle neem af, selfs dié spesies wat nie gewoonlik bedreig word nie. Ongeveer 13% van voëlspesies word as bedreig beskou.”

Die verslag lys onvolhoubare landbou-aktiwiteite, ontbossing, indringerspesies en klimaatsverandering as van die grootste bedreiging vir voëls.

“Die natuurlike wêreld is in gevaar. Die aktiwiteite van mense dryf spesies bitter vinnig tot uitsterwing en ondermyn die funksies en dienste van ʼn ekostelsel wat noodsaaklik is vir ons voortbestaan,” lui die verslag.

Volgens BirdLife International is daar tans 2,9 miljoen minder individuele voëls in Noord-Amerika as in die 1970’s. Dit kom neer op ʼn daling van 29%. Die Europese Unie het ʼn verlies aan 600 miljoen voëls (18%) sedert 1980 aangeteken.

In albei gevalle was daar veral ʼn afname in voëls wat oor ver afstande migreer, asook voëls wat in landelike gebiede en op plase voorkom.

Volgens BirdLife is baie bewaringsgebiede boonop in ʼn baie swak toestand en die organisasie vra vir ʼn wêreldwye poging om natuurlike habitatte te herstel en bewaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Kyk maar na die Kruger wiltuin (“die Oliefantplaas”) met hoe swak dit bestuur word kan ek glo die voëls daar is ook aan die uitsterf.

Autobahn ·

Voëls sterf ook wat teen die hoë windmeulens vir windenergie vlieg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.