Volvo maak groot nuus oor sy toekoms bekend

Volvo (Foto: Pixabay)

Die Sweedse motorreus Volvo het vandeesweek aangekondig dat al sy motors vanaf 2019 met ʼn elektriese enjin vervaardig gaan word.

Die maatskappy het gesê dit sal beteken dat die binnebrandenjin vervang gaan word met elektriese motors wat nou gaan dien as die fokus van hul besigheidsmodel.

Dié besluit om elektriese motors aan die voorpunt van hul vervaardiging te plaas, is een van die grootste stappe nóg deur enige motorvervaardiger. Inderwaarheid beteken dit dat elektriese motors die pad na die toekoms sal teer – ʼn eeu ná die bekendstelling van die binnebrandenjin.

Volvo het verder in die verklaring gesê hy sal ʼn reeks voertuie bekend stel wat onderskeidelik elektriese, inprop-hibridiese asook gewone hibridiese voertuie insluit. Vyf volle elektriese motors sal  tussen 2019 en 2021 bekend gestel word, waarvan drie van dié motors Volvo-modelle sal wees en twee Polestar-voertuie, Volvo se hoëverrigting-afdeling.

Daarna sal die vyf modelreekse aangevul word met petrol- en diesel-hibridiese dryfstelsels. Hibridiese dryfstelsels sal binnebrandenjins stelselmatig vervang totdat daar slegs elektriese en hibridiese modelle oorbly en geen slegsbinnebrand-modelle meer vervaardig word nie.

Volvo sê dié besluit is gegrond in sy kernbeginsel om uitlaatgasse te verminder en meer eko-vriendelik wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Snoefels ·

Ek weet darem nie, die gebrul van n 2-3 liter petrol enjin kan nie vervang word met n gehummm van n battery nie, en in n land soos ons sn waar steenkool een of ander tyd gaan op raak en ons nie kernkrag wil gebruik nie vir energie doeleindes, hoe gaan ons hulle laai…buitendien, hoe moet die kinders en honde wat in die straat speel jou hoor aan kom hehe

Chris Ws ·

Geluk Volvo.Julle is nie skaam of bang om die bul by die horings te pak nie.Ander vervaardigers is dalk deur die Arabiere omgekoop om te sloer met hul eletriese motor programme hoe sal ons weet.Ek glo die Arabiere hou als fyn dop.

In Donker Afrika? ·

O heng. Eskom kan nie eers RSA van krag voorsien nie….. Wat nog te verwag om karre te laai, High jacking hotspots by krag proppe…….

Michelle ·

Mmm ok sal ‘n helsee proses wees want waar gaan hulle krag vandaan kry nogal interesant

Hendrik ·

Dink net ek hoef nie by ‘n plaaslike vulstasie te stop nie. Tans sal dit ongeveer R23.00 kos op ‘n motor te herlaai vir 200 km.

Machiel ·

Volvo was nog nooit ‘n goeie verkoper hier nie en gaan nou nog minder wees. Die groot afstande wat Suid Afrikaners soms moet ry maak elektriese motors onekonomies en jy reistyd lank. Herlaai tye is buitensporig en krag is baie duur hier. En die opwekking van die krag is nie sonder enige gasse gedoen nie, so die voertuig is nie 100% omgewingsvriendelik nie…. Nee wat, gee my ‘n binnebrand enjin enige tyd van die week.

willie ·

Machiel jy vat die woorde so uit my vinger uit! Presies wat ek wou tik! Maar net ñ verplasing van energieopwekking en ek kan jou waarborg hierdie motors gaan duurder wees as die konvensionele binnebrand enjin met baie logistieke probleme!

Waghond ·

Stem saam. Dit sal waarskynlik deug in hoogs ontwikkelende lande in Europa en die VSA.

MCH ·

Ek dink nie die Swede het spesifiek die land met sy voorvadergeeste in gedagte gehad toe die motor deur die ontwerpproses is nie. Die Swede is nie mamparras nie en sal verseker nie n motor ontwerp waarvoor daar nie n mark is nie. Die markontleding is gedoen lank voor die Krone belê is in uitbreiding. Europa, die VSA maw die ontwikkelde wêreld is die teiken. Pragtig!

Burger ·

Verkoop hom net saam met n v8 sound track en jy het wenner . Een speaker in die plek van die exhaust en die ander een binne.

Lientjie ·

Ek hoop die krag hou as jy in die verkeer vir 3 ure gaan sit, en ja al ons mede landsburgers wat so lief is vir die “image” gaan seker oor gaan BMW en Merc toe.

Marius ·

Die berig is misleidend want hibriede motors is petrol/diesel en elektries. Dus word binnebrandenjins nie heeltemaal weggemaak nie want ‘n hibriede motor is ‘n kombinasie van ‘n binnebrand en elektriese motor.

Rupert Ashford ·

Kul jou hier, kul jou daar. Die batterye is meer omgewingsonvriendelik om te vervaardig en te herwin, die grondstowwe moet nogsteeds gemyn word in China, die krag kom nogsteeds van….ag nee dankie hou verby. Om die onvriendelike dinge te laat wegraak in die derdewereld los nie die probleme op nie.

Johan ·

Met ervaring van motors op die gebruikte mark – ek hoop Volvo hou hul onderdeel-en-instandhoudings-kostes binne perke, want die belaglike, huidige pryse kelder hul herverkoopwaarde soos ‘n vallende rots!

Een positief van die elektriese snert: jy sal nie geskaak (hijack) word nie, want die dief gaan te bang wees hy hardloop uit batterykrag uit as hy die wit-waks uit die stofsuier ry om weg te kom met sy buit van die misdaadtoneel!

Voorlaaier ·

Kyk…ek sien di storie so…of ons daarvan hou of nie..daat gaan al hoe meer elektries en minder binnebrand voertuie vervaardig word..ons sal mettertyd gedwing word om elektries te koop…
Lank lewe die gebrul van i lekker V8!!…Ons gaan jou mis ou grote.?

Jaco Grobler ·

Mooi so Volvo, my sonkrag opstel gaan ons nou nog meer geld spaar. Julle moet biedjie op datum bly met vordering in tegnologie mense, vw het alreeds laas jaar ‘n prototipe van die kombi bekendgestel wat ‘n reikafstand van 600km het, en wat 80% herlaai binne’ n uur. Nie net oorgenoeg poeier vir daaglikse gebruik nie, maar selfs om mee op vakansie te gaan!

BadPrit ·

Elektriese karre bestaan al van die 1800s af maar die olie magnate het die patente op gekoop en verskuil.

bgj van der westhuizen ·

ja dit mag goed klink op papier maar gaan dit werk nee nie soos wat hulle beplan nie dit kan werk as ons die voertuie kan laai van af die son binne in uurof 2 anders is daar nie kans dat dit gaan werk nie

Pietsepan ·

Elektriese motors is aan die kom. Dit is ‘n feit. Die vorm van die motors is hetsy volledig elektries of deels elektries (hibried) is egter te oordeel. Die sg “range extended vehicle” of REV word nie herlaai nie maar dra ‘n binnebrandmotor saam wat slegs die batterye laai. Al die energie word deur hierdie motor verskaf en al die traksie word deur die elektriese motor verskaf. Kyk veral na Jaguar se C75-XK projek.

Ruben Moss ·

Ons krag (eskom) infrastruktuur gaan dit nie op die oomblik kan hanteer nie. Veral as duisende mense na werk by die huis kom en hulle karre inprop . Maar daar is ander opsies soos sonkrag gekoppel met n battery bank.
Positiewe: Battery tegnologie verbeter en word goedkoper.
Elektriese motors is sterker en hou baie langer as binnebrand motors.
Al gebruik jy steenkool krag om jou kar te laai is dit nogsteeds meer “ecofriendly” (n kragstasie kan tot 80% bruikbare energie uit fossiel brandstof haal, n binnebrand enjin 45% max.)
Elektriese karre kan baie lekker karre wees. Kyk bietjie wat Tesla motors doen.

In die lang duur gaan alle motor vervaardegirs oor skakel na vol elektries. Ons moet maar brobeer by bly.

Arend ·

Interessant is dat Volvo aan Geely, ‘n Sjinese maatskappy behoort ….

ITman007 ·

As dit by tegnologie kom is ons Afrikaners vreeslik pessimisties. Elektriese motors is die toekoms, dit is duidelik. Of die land se infrastruktuur kan en of jy nie daarvan hou of nie.

Sien dit as ‘n goeie geleentheid om sonplase te bou waar elektrisie motors kan laai terwyl die passasiers iets eet. Dink Sunpower Ulta City. Droë klimaat = sonskyn = geleentheid. Jou werkswinkel/kantoor gebou/kerk en selfs jou huis kan ‘n laai punt word. Gaan kyk bietjie hoe maak die Engelse die beste van die gelentheid in ‘n land wat bekend is vir reen – FullyChargedShow op Youtube.

Die vragmotor bestuuders en joggies kan maar staak, die petrol prys kan styg, solank die son skyn.

Vermeende ·

Batterye is nie die toekoms nie maar wel super kapasietors, daar is nou al vordering gemaak met “batterye” wat van ou buitebane gemaak word en wat watt/km gelyk staan aan lood suur batterye, dit is die toekoms. My gunsteling is die onherlaaibare batterybank wat die duitsers gebruik in die eerste elektriese helikopter, koolstof, alluminium en soutwater, dis ook reeds in n EV getoets met n afstand van 1000myl/laai.

Indukwekkind!

Tiger ·

Ek as vrou dink Honda het die mees werkbare idee met hul Honda FCX Clarity.Hy kom met ‘n waterstof tenk tussen die agter wiele.Waterstof word gebruik om hitte te maak wat omgeskakel word in elektrisieteit wat die elektriese motors aandryf.Geen swaar batterye wat gelaai moet word nie.Die Clarity is reeds in Kalifornie op die pad waar waterstof hervulpunte by meeste vulstasies aangebring is.Reik afstand is ongeveer 500km per tenk.Die newe produk is skoon water.Kyk gerus op Honda se webwerf waar als oor die Clarity verduidelik word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.