Die Europese Unie (EU) en Britse onderhandelaars het ʼn voorlopige Brexit-ooreenkoms bereik, maar dit moet nog die steun van EU-lidlande, asook die onderskeie parlemente kry.
Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie, het in ʼn twiet aangekondig dat ʼn ooreenkoms bereik is.
“Dit is ʼn billike en gebalanseerde ooreenkoms vir die EU en die Verenigde Koninkryk en is ʼn getuienis van ons verbintenis om oplossings te vind,” het Juncker getwiet.
Die Britse eerste minister Boris Johnson het ook getwiet dat ʼn “puik nuwe ooreenkoms” bereik is. Hy het Britse wetgewers gevra om dit Saterdag in ʼn spesiale sitting te onderteken.
Juncker het gesê hy gaan voorstel dat die 27 EU-lidlande die ooreenkoms later vandag goedkeur.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Nou toe nou. Mooi Boris.
Sal nie gebeur nie – Jeremy Corbyn en mede trawante sal in parlement met alle mag verhoed dat die Britte se demokratiese Brexit keuse deurgevoer word.
Die Ruling Class het gepraat !!!!
En dan sê die Britse parlement , nee. En dan?
Ek vertrou net dat die lande wat Eu parrasiete is ook die ooreenkoms sal aanvaar !
Ek dink nie hulle besef die ekonomiese impak wat dit gaan he nie. Daar gaan soveel invoer- en uitvoerbeperkings wees op die VK…
Nie die beste idee nie. Maar dalk ook nie die slegste nie.