Voormalige president sterf op 90

Argieffoto: Fidel Castro

Argieffoto: Fidel Castro

Fidel Castro, die voormalige president van Kuba, is in die ouderdom van 90 in Havana dood.

Sy dood is deur pres. Raul Castro, Fidel se broer, op nasionale televisie aangekondig.

Die voormalige revolusionêre leier sal na verwagting veras word. Pres. Castro het gesê dit is in ooreenstemming met die oorledene se wense.

Fidel Castro het Kuba vir 47 jaar gelei en in 2008 weens gesondheidsredes uitgetree, waarna hy steeds agter die skerms betrokke was by die land se sake.

Li Keqiang, premier van China, groet Kuba se voormalige leier, Fidel Castro, tydens sy tweedaagse besoek aan Kuba op 26 September vanjaar . Foto: AP/Alex Castro

Li Keqiang, premier van China, groet Kuba se voormalige leier, Fidel Castro, tydens sy tweedaagse besoek aan Kuba op 26 September vanjaar . Foto: AP/Alex Castro

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Piet Piper ·

Sy dag van oordeel het toe uiteindelik aangebreek…………..nou moet hy die derduisende wat hy te na gekom het, in die oe kyk in die doderyk…………Was Fidel Castro ‘n gelowige ?
Dit moet seker aaklig wees vir hom waar hy hom nou bevind.

vermeende ·

Piet ek stem met jou saam, die Skrif se mos “wys my jou werke……”
Hanie, Mandela, Castro en baie ander het hulle werke gewys aan die kant van die dood, die smaak van hulle lewens vrug gaan maar dra brak en suur aan die anderkant proe.
de klerk, Roelf, Pik en al daai kaders wag nog op hulle uitnodaging om aan te sluit by die (Demokratiese sosialistiese rebelle party van die hel)

Uiltjie ·

Piet, moenie last ons oordeel nie,want God ontferm Hom oor wie Hy wil….

Geelonger ·

Mog sy mense nou bevry word van die juk van Kom/sosialisme

jakes ·

El get been simulator met die out wat troepe gesture get on teen moms are veg now. By her teroriste begins en op gelei. El glo day die wat will simpatiseer voordeel van sy diktatorskap en geld had het. Die wereld is onstslae van nog een gemene, gewetenlose mens. Mag hy kry wat hom toekom.

Manie ·

Kyk net hoe vier uitgewekene Kubane fees in Amerika. En van die grootste diktators en onderdrukker van mense is weg. Is dit nie hoekom Afrika en China so baie van hom gehou het

Sarie ·

Is daar nie ‘n gebou na hom in SA vernoem nie. Obama sal seker die begrafnis bywoon. Wonder of Trump daar gaan wees. Zuma se vliegtuig word seker nou reggekry om die kaders te vervoer.

Johann Barnard ·

Zuma se vliegtiug is nooit reg nie,maar vir n begrafnis is hy volgepak.Staan reg om op te styg,vaarwel zumpie,lekker eet!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.