Voorwerpe nié deel van vermiste vliegtuigwrak

malaysia airlinesVoorwerpe wat Saterdag uit die Indiese Oseaan gehaal is, is glo nie deel van die vermiste vliegtuig van Malaysian Airlines Vlug 370 nie.

Die Australiese maritieme veiligheidsowerheid het Sondag gesê voorwerpe wat deur skepe van China en Australië uitgehaal is, is vismateriaal of rommel.

Tien vliegtuie van Australië, Japan, China, Korea, Amerika en Maleisië sal deel wees van die soektog in ʼn gebied 1 850 km wes van Perth.

Drie skepe van China en een van Australië se vloot is reeds in die soekgebied, en nog ses skepe sal Sondag by hulle aansluit.

Twee skepe van Australië wat na verwagting Dinsdag in die gebied sal aankom, dra ʼn Amerikaanse toestel wat help om vlugopnemers op te spoor.

Die vlug- en dataopnemers van die vliegtuig het nog slegs ʼn verwagte batterylewe tot 7 April, waarna dit nie meer seine sal uitstuur nie.

Die Boeing 777-200 van Malaysia Airlines met 239 mense aan boord het op 8 Maart van Kuala Lumpur op pad na Beijing verdwyn.-SAPA

Lees ook:
Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.