Vrae oor Afrikaner-borsbeelde in Nederland

Die borsbeelde van Paul Kruger, Christiaan de Wet en Louis Botha (Foto: Verskaf)

Leefbaar Rotterdam, ’n Nederlandse politieke party, het vrae aan Rotterdam se stadsbestuur gestuur rondom die verdwyning van borsbeelde van historiese Suid-Afrikaanse figure uit die Afrikaanderwijk, ʼn buurt in die hartjie van dié stad.

Borsbeelde van Paul Kruger, Christiaan de Wet en Louis Botha is in ’n gebou op die hoek van Bloemfontein- en Bothastraat in die Afrikaanderwijk in Rotterdam bewaar totdat dié gebou in 2013 gesloop is. Volgens Dennis de Witte van Leefbaar Rotterdam was daar nog agt ander borsbeelde ook in dié buurt, waarvan twee reeds vernietig is.

Geert Koster en Caroline Aafjes-Van Aalst, raadslede van Leefbaar Rotterdam, het gesê dié borsbeelde het mettertyd verdwyn. Dié party wil nou weet wat van die beelde geword het en eis ’n verduideliking van die stadsbestuur. Die party wil ook weet of die stadsbestuur alternatiewe het vir die bewaring en uitstalling van die beelde, en of daar nóg beelde en kunswerke is wat slegs stof vergaar en deur die munisipaliteit gestoor word.

“Kultuurgeskiedenis en die bewaring daarvan is iets wat die party nog altyd na aan die hart lê. Wie nie hulle verlede ken nie, ken nie hulle eie geskiedenis nie,” sê Koster en Aafjes-Van Aalst.

Die Afrikaanderwijk het om en by 1900 tot stand gekom en die naam kom van die straatname in die buurt wat die Suid-Afrikaanse geografie eggo. Die buurt was nog altyd ’n teken van die noue band tussen die Afrikaners en die Nederlanders.

“Ons wil veral nou die bande tussen Afrikaners en Nederlanders koester, veral noudat Afrikaners in Suid-Afrika deur ’n onseker toekoms in die gesig gestaar word,” het Koster en Aafjes-Van Aalst gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

TDW ·

Ten minste gee iemand om.
Maar hulle kan maar gerus afrikaanderwijk na africandistrict verander, want daar is nie meer een Afrikaner of Nederlander wat daar bly nie.

Michiel ·

In veel nederlandse steden zijn er Transvaalbuurten, bijviibreeld in Den Haag.
Zoek maar op google Maps naar bijvb Bloemfonteinstraat in Den Haag :).

RR ·

Michiel dankie; geskiedenis vra wedersydse respek geensins ‘n bedryging, eerder verbreëd- en verryking in mense kennis. Glo dat verplaasde geskiedenis stukke opgespoor kan word.

Charles ·

Baie dankie vir jou terugvoering Michiel – dit word waardeer:)

Charles ·

Wonderlik, ons bloedbroers en – susters se oogklappe is stadig maar seker besig om oop te gaan.
Hoera!

Jan van Houwelingen ·

Alles wat met kolonialisme te maken heeft willen ze uitwissen. Straatnamen, beelden. Bordjes met gegevens bij standbeelden en in museums worden aangepast aan de nieuwe linkse zienswijze. Mag niet meer trots zijn op het verleden. Hier wordt nog steeds niet erkend dat het ANC Suid-Afrika helaas naar de financiële afgrond heeft gebracht. Bestuurders die niet de competenties hebben om te besturen maar daar alleen zitten omdat ze vrienden zijn van de corrupte top van het ANC en zich alleen maar verrijken ten koste van het land. Wees voorbereid op de grote zwarte massa die in opstand gaat komen want die staan door het beleid van het ANC ook in de kou, maar zij zullen zich afreageren op de blanke bevolking. Staan saam, staan sterk. Ek bid vir julle.
Groeten Jan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.