Vrae oor Airwolf-ster se ‘geheime’ afsterwe

‘n Jong Jan-Michael Vincent toe hy die ster van die televisiereeks “Airwolf” was. Dié foto is in September 1986 geneem. (Foto: AP Photo/Nick Ut, File)

Aanhangers krap steeds kop waarom die nuus oor die dood van Jan-Michael Vincent, die ster van die destydse televisiereeks Airwolf, eers byna ʼn maand ná sy afsterwe aan die lig gekom het.

TMZ was die eerste om oor Vincent se dood te berig, maar sê dit is onduidelik hoekom die nuus nou eers bekend geword het. Vincent het reeds op 10 Februarie in die ouderdom van 73 gesterf.

Volgens ʼn doodsertifikaat is die voormalige televisiester in ʼn hospitaal in Asheville, Noord-Carolina, aan ʼn hartaanval dood. Die doodsertifikaat is deur ʼn dokter onderteken om te bevestig dat hy aan natuurlike oorsake gesterf het en daarom is geen nadoodse ondersoek gedoen nie.

Talle versoeke om kommentaar van Vincent se familie oor hoekom sy dood so lank geheim gehou is, het onbeantwoord gebly.

Vincent is in 1945 in Denver, Colorado, gebore en het in verskeie rolprente gespeel, insluitend The Mechanic in 1972 en Hooper in 1978. In 1983 was hy te sien in die mini-televisiereeks Winds of War waarvoor hy ʼn Golden Globe-nominasie ontvang het.

Hy was egter veral bekend vir sy rol in die aksie-avontuur-reeks Airwolf wat talle seisoene lank op die televisie was nadat dit in 1984 begin het. Vincent het die rol van Stringfellow Hawke vertolk, ʼn geharde vlieënier wat ongelooflike lugtoertjies in sy helikopter kon uitvoer, maar ook ʼn sagte kant gehad en tjello gespeel het.

Jan-Michael Vincent was in sy jong dae ‘n hartebreker wat die skoner geslag gaande gehad het. Hier is hy in Junie 1984 tydens ‘n onderhoud in Hollywood, Kalifornië. (Foto: AP Photo/Wally Fong, File)

Vincent het in sy jongdae die skoner geslag gaande gehad. In die laat 1970’s het die hartebreker selfs ʼn plek losgeslaan op kosmetiese chirurge se “Tien beste neuse”-lys.

Sy aantreklikheid en beroemdheid is egter by tye oorskadu deur sy persoonlike lewe. In 1997 het hy skuldig gepleit op ʼn aanklag van dronkbestuur wat hom met ʼn gebreekte nek gelaat het. Deel van sy vonnis was om ʼn rehabilitasieprogram te voltooi. In die 1980’s was hy ook betrokke by kroeggevegte, waarvoor hy ook in die beskuldigdebank beland het. In 1986 is hy aangekla van aanranding op ʼn vrou, maar hy is op dié aanklag vrygespreek.

In 2000 is hy tot 60 dae tronkstraf gevonnis nadat hy erken het hy het vorige borgtogvoorwaardes oortree deur dronk in die openbaar te wees en sy destydse vriendin aan te rand.

Die nuus oor sy dood is vandeesweek met groot skok en hartseer begroet en duisende destydse aanhangers van Airwolf het op sosiale media hul herinneringe oor die gewilde reeks gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

John ·

…. een nou onthou die pers net alles wat sleg is omtrent die man. Hoe siek het die wèreld nie geword nie. Die glo heilige pous het ‘n maatjie bygekry… die heilige pers.

pieta ·

Die dae van goed onder die mat vee, is verby, John. Hierdie is feite en verkoop.

Cherokee ·

Tipiese handtekeningjagter se houding. Hul helde mag nie gekritiseer word nie.

Naas Vermaak ·

Dis waar John….so is die mens se “default setting” mos….gods-onmoontlik vir hulle om bietjie genadiglik te wees….soos die andere hier doeltreffend illustreer….

Essa ·

Dink met nostalgie aan die baie gewilde Air Wolf reeks en veral Stringfellow Hawke. Baie vroue was heimlik verlief op hierdie geheimsinnige, stil karakter ?
Sy karakter in Winds of War was ook ‘n groot gunsteling vir my. Ja, Jan-Michael Vincent was ‘n “troubled soul” en ek hoop vir hom dat ouderdom rustigheid en vrede gebring het.

Marinda ·

Blast from the past. Also enjoyed Airwolf and The Winds of War. Decided to name my son Byron.

Mellie ·

Sy laaste dae is in armoede deurgebring; linkerbeen geamputeer en agv nekbesering het sy stemboks skade gely wat hom met n rasperstem gelaat het. Ek was in my wese geskok om in n laaste onderhoud wat met hom gevoer is, op YouTube, te sien hoe agteruit hy gegaan het. Rus in vrede Jan.

Miet ·

Ek wonder oor hoeveel jaar na my dood gaan die pers besef” My F.. Marelize! Brian is dood!”

ANA ·

?oohhhh….wat ñ talentvolle ❤? baie aantreklike akteur…?ek wil jou graag,só onthou…ons hele PUK dameskoskoshuis, was smoorverlief op AIRWOLF!!! ? ?jammer jou lewe het lateraan skeefgeloop….?rus in vrede?

Helien ·

Was ook mal oor hom het nie 1 keer Airwolf gemis nie. Hy was baie oulik, jammer om te hoor hy is dood.

P ·

Wonder hoekom moet almal altyd als weet moet daar nou n duistere rede wees waaraan hy oorlede is hy is oorlede oor en uit ek raak so vies

Essa ·

Jy is so reg P. Waarom vrae? Hy is lankal nie meer ‘n celeb of openbare figuur nie. Gun hom en sy naastes privaatheid. Dié van ons (kyk maar kommentare) wat hom as akteur en vir sy wonderlike karakters onthou, vra nie vrae nie. ?

Deloris ·

Liewe land geen wonder die akteurs en sterre en celebs haat die media so nie …. moet mos altyd vuil wasgoed uithaal … geen respek nie …

Klopjag ·

Hy was wonderlik gewees in Rick & Morty!

Wubbalubbadubdub!

Heksie ·

Ja so is hulle, net soos ons, ook maar net mens, met hul eie probleme en spoke waarteen hulle baklei.
Maar sexy was hy, en dis bitter jammer dat sy lewe so uitmekaar geval het.
Hopelik het hy nou vrede gevind … RIV Stringfellow Hawk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.