Vrae oor KFC wat glo dogtertjie met letsels wegwys

Victoria Wilcher. Foto: Facebook

Victoria Wilcher. Foto: Facebook

Die kitskosgroep KFC sê na verskeie ondersoeke kon daar nog geen bewyse gevind word dat een van hul werknemers die driejarige Victoria Wilcher glo gevra het om een van hul eetplekke in Jackson, Mississippi te verlaat weens haar voorkoms nie.

Wilcher se gesin hou intussen voet by stuk dat die voorval wel plaasgevind het. Laurel Leader-Call berig dat KFC ‘n interne sowel as ‘n onafhanklike ondersoek na die beweerde voorval laat doen het. Rick Maynard, woordvoerder van KFC, het intussen gesê dat die maatskappy steeds $30 000 tot Victoria se mediese onkostes sal bydra ondanks die uiteindelike uitkoms van die ondersoek.

Hannon Food Services, wat die restaurant bedryf, sê daar is ure honderde ure spandeer om beeldmateriaal van kringtelevisiekamera na te gaan en onderhoude met werknemers te doen. Daar is ook ‘n onafhanklike ondersoeker aangestel om die beweerde voorval te ondersoek.

Bill Kellum, ‘n advokaat wat namens die gesin optree, sê Victoria se ouma, Kelly Mullins, volstaan met haar weergawe van wat gebeur het. “Victoria se familie het waardering vir die optrede van KFC in hul ondersoek na hierdie saak. Hulle sien daarna uit om KFC by te staan in wat ons hoop ‘n voortgesette ondersoek sal wees,” het hy in ‘n verklaring gesê.

“Dit is baie teleurstellend dat ander partye nou van die geleentheid gebruik maak om Victoria deur middel van sosiale en nuusmediums aan te val. Victoria is ‘n onskuldige kind met werklike fisiese en emosionele letsels. Die familie se fokus is, en sal altyd wees, om Victoria weer heel te maak,” het Kellum gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat hulp instroom in vir Wilcher nadat personeel by ‘n KFC-eetplek haar glo gevra het om die eetplek te verlaat aangesien die letsels op haar gesig glo ander klante ontstel het.

Victoria is in April vanjaar deur drie Amerikaanse veghonde aangeval is. Haar kakebeen, neus en wangbene is in die aanval gebreek. Sy het ook haar regteroog verloor.

‘n Sjirurg van Las Vegas het van Victoria te hore gekom het en sy dienste gratis aangebied. Dr. Frank Stile is ‘n plastiese- en rekonstruktiewe chirurg, wat opgelei is en die kundigheid het rakende die vermindering van letsels. ‘n Bekende prostetikus gaan intussen vir Victoria ‘n kunsoog skenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Juwele word met die hand uitgekies deur ons Koning vir Sy kroon. Die Koning gebruik nie ‘n sterflike liggaam wat geskend kan wees deur kanker, diabetes of wat ookal maar die siel wat onsterflik is. ‘n Kroon word nie om die enkels gedra, ook nie om die gewrigte. Nog minder as ‘n halssnoer maar op die hoof.

Maak nie saak hoe die liggaam lyk of afgetakel is, ons, die juwele is in die Koning se kroon geset. Hy het ons verhef en daardie status gegee. Klein Victoria, jy is ‘n juweel, jy lyk pragtig in ons Koning se kroon.

Terroriste, sadiste, spotters en enigiemand wat die Koning se juwele wil skade aanrig. Daardie verheerlike posisie is julle nie beskore nie.

Trippie ·

A-M-E-N

Jy het ALLES gese – pragtig Johann. Hierdie klein dogtertjie is inderdaad ‘N JUWEELTJIE.

Mense dink nie voor hulle praat, ek was self al ‘n “slagoffer” van ‘n gespottery, MAAR, God slaap nie. Kanker is allermins ‘n siekte wat oor gespot moet word, veral nie waar ‘n persoon ‘n liggaamsdeel verloor het nie. Dit maak mens nie ‘n beter of slegter persoon nie. Dis die INNERLIKE wat die BELANGRIKSTE is, wat mens uitstraal.

Johann ·

Trippie. Ek beaam. “Dis die innerlike wat die belangrikste is, wat mens uitstraal”.

Volgende keer as jy weer gespot word, weet wat jou “erfporsie” is. Dit maak die lewe draagliker. Vermy die spotters so vêr as wat jy by magte is.

Onthou, jy is met die Hand uitgekies. Jy is Syne.

Tamz ·

Sjoe, Johann en Trippie, julle maak my sommer die trane sluk. Dankie, dis so mooi gestel!

Trippie ·

Ai Tamz, Johann beskik oor die vermoe om die mooiste uit mens te bring, die man het my menigmaal al in trane gehad – lees gerus al sy plasings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.