Vrae oor olifantvrektes in Indië

Daar is talle vrae oor die groot aantal olifantvrektes wat die afgelope week in die woud van ʼn reservaat in die noordooste van Indië aangemeld is (Foto: Nagaon, AFP)

Daar is talle vrae oor die groot aantal olifantvrektes wat die afgelope week in die woud van ʼn reservaat in die noordooste van Indië aangemeld is. Alhoewel Indiese owerhede sê dat die olifante deur weerlig doodgeslaan is, meen ʼn vooraanstaande natuurbewaarder dat dit nie die geval kon wees nie. Die Indiese owerhede het intussen ʼn ondersoek gelas om agter die kap van die byl te kom.

Die olifanttrop van minstens 18 olifante is Donderdag in die Kandali-reservaat in Assam, in die noordooste van Indië, dood aangetref.

Bosbewaarders en ’n plaaslike wetgewer, Jitu Goswami, voer aan die olifante het gevrek nadat die woud deur weerlig getref is. Die natuurbewaarder Soumyadeep Datta van die omgewingsaktivistegroep Nature’s Beckon, het gesê hy is skepties oor dié rede nadat hy foto’s van die dooie diere op sosiale media gesien het.

‘n Veearts stel ondersoek in nadat ‘n groot hoeveel olifante in ‘n reservaat in Indië gevrek het (Foto: Nagaon, AFP)

“Die olifante kon weens vergiftiging gevrek het,” het Datta gesê. “Ons moet vir die departement van bosbou se nadoodse ondersoek wag.”

’n Span veeartse en amptenare van die departement het Vrydag saam met Parimal Suklabaidya, Assam se minister van bosbou- en omgewingsake, na die reservaat vertrek.

Indië huisves byna 30 000 olifante, wat ongeveer 60% van die wilde Asiatiese olifantbevolking uitmaak.

In die afgelope paar jaar was daar toenemend voorvalle van olifante wat deur plaaslike inwoners doodgemaak is – en andersom – namate mense bosgebiede al hoe dieper binnedring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anthony ·

Moet nou nie dink ek probeer snaaks wees nie , maar is daar n moontlikheid dat die hoe Corona vlakke in die land enigsin iets daarmee kan uit te waai he?

Elize ·

Wel ek’t gelees dat gorillas dit gekry het, dit is seker tog moontlik!

A small number of pets worldwide, including cats and dogs, have been reported to be infected with the virus that causes COVID-19, mostly after close contact with people with COVID-19. Infected pets might get sick or they might not have any symptoms

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.