Vrese oor beurtkrag in Zimbabwe

Argieffoto

Argieffoto

Die toename in beurtkrag in Zimbabwe plaas verder druk op ʼn reeds benarde posisie in dié land waar bedryfsuitsette reeds ʼn rekordlaagtepunt bereik het.

Die Zimbabwiese elektrisiteitstransmissie en verspreidingsmaatskappy pas meer beurtkrag toe en sekere dele in die land het daagliks tot 18 ure lank beurtkrag.

Die beurtkrag volg weens ʼn vermindering in die kapasiteit by die Kariba-hidro-elektriese kragstasie, van 750 MW tot 475 MW weens die daling in watervlakke in die Kariba-dam in die droogtegeteisterde noordwestelike dele van die land.

Zimbabwe vervaardig altesaam 1 345 MW, slegs die helfte van sy aanvrag in spitstyd en plaaslike bedrywe moet van duur dieselkragopwekkers gebruik maak.

Regeringsamptenare het onlangs bekend gemaak die staat het sedert onafhanklikheid in 1980 nie betekenisvol in die energiebedryf belê nie en dit het die afgelope 15 jaar daartoe gelei dat kragtekorte ʼn gewoonte geraak het.

Samuel Undenge, minister van energie en kragontwikkeling, het onlangs in die parlement gesê mynmaatskappye en ander groot elektrisiteitsverbruikers moet hul verbruik met 25% verminder.

Givemore Mesoemvura, president van die bakersvereniging in Zimbabwe, het gesê sommige bakkerye het reeds hul deure gesluit omdat kragonderbrekings daartoe gelei het dat hulle van duur diesel gebruik moes maak om hul masjiene te laat werk.

Nóg ʼn bedryf wat op sy knieë gedwing word, is die mynbedryf, wat tot 27% van die uitvoerhandel bydra. Uitsette het met 60% gedaal, hoofsaaklik weens elektrisiteitsprobleme. Mynmaatskappye is ook onderwerp aan die regulasie wat buitelandse maatskappye dwing om ʼn groot deel van hul eienaarskap aan Zimbabwiërs te oorhandig.

Werkloosheid in die land staan tans op meer as 80%. Meer as 20 000 mense het die afgelope twee maande hul werk verloor.

Ondanks die kragonderbrekings word die land ook geteister deur droogte en meer as 1.5 miljoen Zimbabwiërs, meer as 11% van die bevolking, gaan vanjaar op voedselhulp staatmaak.

– ANA-CAJ News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Francois ·

En wie gee nou eintlik om of hulle beurtkrag daar gaan he of nie? Ons het genoeg van ons eie. Laat die “comrades” bietjie voel hoe dit is! Daar is mos hoeka ‘n Zuma verbintenis of nie? Dalk se ou zoompie hulle voor?

Johann Marx ·

Wat het Zim en Suid Afrika voor kerse, oop vure en parafienlampe gebruik? Oooo ja, elektrisiteit!!

Swanna ·

Haai siestog is hulle ook nou in die moeilikheid. Vrae vir Zuma om julle uit te help hy doen dit graag, VERNIET. Bob moet net die woord spreek.

jacques ·

Maak soos Eskom ander tye maak gee vir ons meer beurtkrag dan sal hulle mos oraait wees daaikant.
Ons mense is oraait ons ja en amen mos vir alles.

HEVW ·

Dit skep beslis vir ons negetiewe gevloge. Hoe groter die ellende en die druk daar hoe meer stroom hulle hier na die land van melk en heuning met wetteloosheid en florerende misdaad .

vermeende ·

Ja jong met werrt moet jy die helfte van jou besigheid af staan.
Kyk ou Robert sukel nog om Gr1wiskunde onder die knie te kry.
Die helfte van niks bly niks.
Ek wonder of die stort kop die een kan doen.

AmY ·

Hulle “vrees beurtkrag?” Dis dan lankal al deel van ons lewens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.