Vrese vir ‘volskaalse oorlog’ tussen Israel, Palestina

Vuurpyle word Woensdag uit Gasastad in die rigting van Israel gelanseer. (Foto: Mahmud Hams/AFP)

Genadelose vuurpylaanvalle en oproer in gemengde Joods-Arabiese dorpe het vrese Woensdag verder laat verhoog dat die geweld tussen Israel en Palestina, wat nou reeds 56 lewens geëis het, in ʼn “volskaalse oorlog” kan ontaard.

Benny Gantz, Israel se minister van verdediging, het die onderneming gegee dat meer aanvalle op Hamas en ander Palestynse militantegroepe in Gasa sal voortduur om “algehele, langtermyn-rustigheid” te verseker voor ʼn skietstilstand oorweeg sal word.

Volgens die Israelse weermag het Islamitiese militante sedert Maandag meer as ʼn duisend vuurpylaanvalle geloods, terwyl die weermag self honderde lugaanvalle op die Islamitiese groepe in die digbevolkte Gasa gedoen het.

Die ergste vyandigheid in sewe jaar het tot die dood van minstens 48 mense in Gasa gelei – 14 van die slagoffers was kinders – terwyl drie Palestyne op die Wesoewer en vyf Israeli’s sedert Maandag se geweld dood is.

Die bloedvergieting is die afgelope naweek veroorsaak deur oproer by Jerusalem se Al-Aqsa-moskeeperseel. Dit word deur Jode en Moslems as heilig beskou.

Terwyl wêreldmoondhede hul kommer oor die situasie al hoe meer te kenne gee en die VN se Veiligheidsraad voorberei vir nog ʼn noodvergadering oor die dodelike krisis, het die VN se Midde-Oosterse afgevaardigde, Tor Wennesland, gewaarsku “dat ons afstuur op ʼn volskaalse oorlog”.

‘n Familielid van Ahmed Daraghmeh, ‘n lid van die Palestynse intelligensiedienste wat deur Israelse magte op die Wesoewer doodgemaak is, rou terwyl sy tydens sy begrafnis agter Palestynse veiligheidsmagte sit. (Foto: Abbas Momani/AFP)

Benjamin Netanyahu, Israelse eerste minister, het ʼn noodtoestand in Lod – ʼn Joods-Arabiese Israelse stad – afgekondig. Volgens die polisie in die stad het wydverspreide betogings onder Arabiese inwoners uitgebars.

Daar was vrese dat die burgerlike onrus kan versprei. Betogers met Palestynse vlae het voertuie en eiendomme, ook ʼn sinagoge, aan die brand gesteek, daar was skermutselings met die Israelse polisie en aanvalle op Joodse motoriste in verskeie dorpe.

Reuven Rivlin, Israel se president, het in ongewone sterk taal veroordeel wat hy beskryf het as ʼn “pogrom” – oftewel georganiseerde moord – waartydens ʼn “opgeruide en bloeddorstige Arabiese skare” mense beseer en heilige Joodse ruimtes aangeval het.

Rivlin sê Israeli’s moet “gereed en gewapen wees, sterk en vasberade en gereed om ons tuiste te verdedig”.

Palestynse groepe het meer as ʼn duisend vuurpylaanvalle geloods, ook op Tel Aviv, waar lugsirenes deurnag geloei het.

Altesame 850 vuurpyle is afgeweer deur die Israelse weermag se lugverdedigingstelsel, terwyl die res in Gasa neergestort het, aldus die Israelse weermag.

Israel het self honderde lugaanvalle op Gasa gedoen, ʼn strook met nagenoeg 2 miljoen inwoners onder die beheer van Hamas, en voer aan dit is op Palestynse “terreurpersele” gedoen.

Minstens 230 Palestyne en 100 Israeli’s is gewond.

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, het by albei partye gepleit om ʼn tree terug van die afgrond te gee. Fatou Bensouda, hoofaanklaer van die internasionale strafhof, het ook haar kommer oor die situasie te kenne gegee en gesê “misdade” is moontlik gepleeg. Bensouda het in Maart aangekondig dat sy ʼn volskaalse ondersoek gaan doen na die situasie in gebiede wat deur Israel beheer word. Israel, nie ʼn lid van die hof nie, was woedend.

Gantz het vroeër gewaarsku dat hierdie net die begin van Israel se veldtog, genaamd Beskermer van die Mure, is.

Die Hamas-leier Ismail Haniyeh het ook gedreig om optrede – onder die kodenaam Swaard van Jerusalem – te verskerp en sê as “Israel wil eskaleer, ons gereed daarvoor is”.

Jonathan Conricus, ʼn woordvoerder vir die Israelse weermag, sê hy verwag dat gevegte gaan verskerp. In antwoord op ʼn vraag oor onbevestigde berigte dat Hamas dalk kan vra vir ʼn skietstilstand, het Conricus gesê hy dink nie sy “bevelvoerders is nie bewus of besonder geïnteresseerd daarin nie”.

Geweld het ook aan die Wesoewer opgevlam. In Gasastad het inwoners deur die puin gesif nadat ʼn Israelse lugaanval ʼn twaalfverdiepinggebou verwoes het. Hamas sê dit was ʼn residensiële gebou, terwyl AFP-verslaggewer sê dit het ook die kantore van verskeie Hamas-beamptes gehuisves.

Die oproer is aangevuur deur woede oor die dreigende uitsetting van Palestynse gesinne uit die buurt Sheikh Jarrah in Jerusalem.

Grootskaalse betogings is wêreldwyd in solidariteit met die Palestyne gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jean ·

Ongelukkig is die wat party lande nodig het om probleme uit te sorteer.

Dup ·

Ek het nou die dag die volgende raakgelees: “Die Palestyne het ñ lushof in ñ woestyn verander en Israel het ñ woestyn in ñ lushof verander”…….

Mariana ·

Klink nogal bekend………..kyk hoe lyk dit hier in ons land. Laat mens wonder……

JohanR ·

Kan net dink hoe siek, sat en dik Namibia en Botswana sal wees as daar elke dag en elke nag vuurpyle uit SA na hulle geloods word. Soe ook seker Israel. Jy kan net soe lank nie vergeld nie, maar dan moet jy terugslaan.

Mariana ·

Soos ek die besigheid bekyk in hulle al jare in hul eie oorlog gewikkel. Vrede sal daar nooit wees nie en hul mense ly daaronder.

Hoekom ·

Fatou Bensouda, hoofaanklaer van die internasionale strafhof, het ook haar kommer oor die situasie te kenne gegee en gesê “misdade” is moontlik gepleeg. Bensouda het in Maart aangekondig dat sy ʼn volskaalse ondersoek gaan doen na die situasie in gebiede wat deur Israel beheer word.

Maar om “rockets” te skiet op gewone, onskuldige burgers is nie “war crimes” nie? Fatou se onderrok hang uit.

Sy is ‘n swart vrou van Gambia. Gambia is 96% muslim….

Pieter J ·

My simpatie lê by die jode. Daar is party mense in die wêreld met wie onderhandelings nie werk nie. Hulle stel net nie in vrede belang nie.

Dirk Mostert ·

Die Jode is nie etniese Israeliete nie, maar Kazars (nader aan Turke). Hulle het bloot die Joodse geloof gekies om neutral te staan tussen die Islam en Rooms-Katolieke ryke destyds. Hulle is die Sioniste en het wye invloed, veral in die VSA. Die naaste aan Semiete is die Arabiere.

pompies ·

Wat jy miskien nie weet nie is dat israel die anc se mk opgelei het tot n sekere mate, ek vertrou hulle glad nie. Hulle is ook n klomp wat kla oor die duitsers maar wat doen hulle self?? vra maar net.

Johan ·

Hoekom? Hulle het Palestina gaan annex en hou aan om hul gebiede daagliks in te dring, verder glo ek nie Israel is nou regtig goeie bure om te hê nie.

Johan ·

Nie dat ek ‘n Islamiet as buurman wil hê of sal vertrou nie…sê maar net dat Israel nie eintlik engeltjies is nie.. daarom vra ek maar net hoekom kies jy v Israel? Ek wil regtig weet.

Pablo ·

Die oorlog gaan al jare aan. Die een blameer die ander. Gaza is n kusdorp met baie handelsmoontlikhede. Terselfdertyd gaan daar niks aan nie die bevolking groei en die res van die wereld moet geld voorsien vir hulle wapens terwyl die Israelis vir alles skuld kry. Dit kan nie vir ewig so aangaan nie.

Dirk Mostert ·

Ek was ‘n naiwe student tydens die 6-dag oorlog en het (oogklap) Generaal Mosje Dayan se sege oor die Arabiere toegejuig. Nou is my simpatie by die Palestyne wat, netsoos Rhodesie se blanke boere destyds, van hul grond en uit hul huise gedryf word. Baie moontlik ons voorland in Suid-Afrika ook. Die Jode kom met moord weg en die Verenigde Nasies tree nie op nie.

Hoekom ·

Die Palestyne is nie etniese inboorlinge van Israel nie. Al die etniese inboorlinge reg oor hedendaagse Turkye, Weste van Syria, Israel, Egipte, en die res van Noord Afrika is uitgewis en uitgejaag deur die einste muslims wat die Palestyne insluit, in die naam van Islam en Allah.

Die jode is na die tweede wereld oorlog die hele streek van Israel gegee wat Gaza insluit. Hulle het die Palestyne se bestaansreg herken maar die wrede Palestyne was nie te vrede nie, hulle soek die hele streek en die dood van die Jode in die naam van Islam en Allah.

Klink dit bekend? Ja sekere volke op hierdie aarde soek alles en is tevrede met niks anders as die totale uitwissing van ‘n ander volk nie. Sal ook nie huiwer om propoganda te gebruik nie en sal selfs die slagoffer kaart opmaak en speel.

Die Jode tree oë aanskynlik op uit self verdediging…
Verbeel jouself vir ‘n oomblik die Palestyne was in beheer van Israel. Wat sou van die Jode geword het dan?

Annatjie ·

Rerig? en wie het jou gebreinspoel? Die Islam is ‘n geweldadige groep wat wil alles oorheers iemand wat anders as hulle glo word uitgehaal. Kyk wat gebeur in Mosambiek

Anoniem ·

Lyk my die hele wereld is nou teen Israel…………………………..maar hy het seker die reg om hom te verdedig…………………………….!!!!!

Dirk Mostert ·

Die reg om hom te verdedig teen Palestyne wat uit hul huise verdryf word?

dada ·

Ek het geen simpatie met Brittanje en Amerika nie. Hulle het die situasie geskep met hul politiek en die Balfour Declaration

Boerinmurgenbeen ·

Israel is baie geduldig met die klomp.
Die wêreld nuus en vrede magte weier om dié krediet aan Israel toe te dig.
Glo hulle gaan die klomp binnekort onder beheer bring.

Hoekom ·

Kanse is min. Nog minder as met die 6 dag oorlog. In daardie tyd was die wapen tegnologie baie dieselfde, vandag is die muslims op ‘n agterstand, tegnologies gewys. Die enigste kans daarvoor is as die Russe aan die kant van die Palestyne optree, maar dan sal NATO nie net toe kyk nie. Russe is ook in ‘n finasiële dilema, en sal nie ‘n groot skaalse oorlog kan finansier nie. Die is nie ‘n loop oorlog soos in die geval van Syrië nie. Hulle sal moet uithaal en wys. Ek vermoed ‘n Israeli oorwinning loshande…

anko ·

Soms wonder ‘n mens of hulle self weet hoekom hulle baklei. Onskuldige mense ly onder die gemors van oorlog

annie ·

… tot einde der dae sal die spulletjie aanhou en aanhou… totdat die nuwe Jerusalem gebou word. Moenie asemophou nie. .. alhoewel, dit kan dalk gouer wees as wat ons dink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.