Vrou (72) skenk geboorte

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Indiese vrou in haar 70’s het onlangs geboorte geskenk aan haar eersteling ná 46 jaar se getroude lewe.

Die Britse dagblad The Guardian berig Daljinder Kaur is ongeveer 72 jaar oud. Haar presiese ouderdom kan nie bevestig word nie aangesien sy nie ʼn geboortesertifikaat het nie. Haar man, Mohinder Singh Gill, is 79 jaar oud.

Volgens verskeie bronne het Kaur swanger geraak ná behandeling by ʼn omstrede vrugbaarheidskliniek in die staat Haryana. Die kliniek doen in vitro-bevrugting vir vroue wat al dekades verby hul menopouse is. Volgens The Telegraph het Kaur drie rondes in vitro-bevrugting ondergaan met die gebruik van skenkereierselle. Die Times of India beweer egter haar eie eierselle is gebruik vir die behandeling.

Die egpaar se babaseuntjie, Arman, is op 19 April deur middel van ʼn keisersnee gebore en het 2 kg by geboorte geweeg. Hy is ten volle ontwikkel en gesond.

Times of India berig die egpaar het glo jare lank probeer om kinders te kry, maar Kaur het nooit natuurlik swanger geraak nie. Sy wou ook nooit ʼn kind aanneem nie en het altyd bly glo die Here sal haar ʼn kind gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ekwilibrium ·

Nou hoe lank verwag die ouers om na die kind om te sien? Daardie kind gaan seker ‘n biltongstokkie as ‘n foppie gebruik. Wildsbiltong, nie bees nie…

m ·

Ag nee rerig. Kan mens op daai ouderdom nog lus wees vir babas. Dis nou regtig belaglik en wie gaan vir daai kind sorg. Ouma werk ook seker nie mee nie…….

Mira ·

Baie geluk aan die ouers maar…… daar was ń rede hoekom sy nie natuurlik kon swanger raak nie. En op daai ouderdom kan ek nie glo dat enige iemand nog lus het vir doeke omruil en opstaan in die nag nie. Wie gaan na die kind kyk as ma en pa iets oorkom?

Sjoe ·

Ag shame, sy moes seker ‘n geweldige begeerte na ‘n kind gehad het. Ek is nou 63 jaar oud, met die dierbaarste kleinkinders. Maar ék sien nie vir so iets kans nie! As ons kleinkinders kom kuier is ek baie bly. Maar as hulle huis toe gaan, is ek nog blyer! Dan is ek gedaan. en dit na net een naweek! So, baie sterkte aan dié vrou vir die grootmaak jare. Om kinders in die wêreld te bring is ding – maar om hulle groot te kry gans ‘n ander.

Kinderloos ·

Mira, ek haal jou woorde aan: “daar was ‘n rede hoekom sy nie natuurlik kon swanger raak nie.” Ek en my man is self ook kinderloos. En na al die jare weet ek nog nie wat die rede is nie en glo ook nie ek sal ooit weet nie. Kan jy my dalk help? Wat is die rede? Ons is gelukkig getroud, standvastige inkomste, rook nie, drink nie, gebruik nie dwelms nie, is nie kindermolesteerders nie, mishandel nie kinders nie. Ons dien die Here, is selleiers in ons kerk, is baie lief vir mekaar en ons familie en familie se kinders, ons vriende se kinders, het respek vir mens en natuur. Uit hierdie hele lysie, wat diskwalifiseer ons om ouers te word? Ek hoop jy kan my help met ‘n rede, want ek weet lankal nie meer nie. Hoe lank gaan ek nog smag om ‘n ma te word? Tot die dag dat ek my kop neerlê. Die kinders wat jy het is genade. En net geleen. Onthou dit.

linda de villiers ·

Mag die ouers nog lank gespaar bly om hierdie spesiale geskenk te mag grootmaak en geniet.

marianne ·

Baie geluk ou ou ou nuwe mamma!!! Is jy kwaad vir jouself??? Goeie genade ek is 40+ VAT en as ek nou ‘n Gods geskenkie kry word ek mal!!!
Alle vroue smag Na ‘n bondeltjie liefde – daar moet ‘n expiry date op swangerskappe wees! Wie gaan Na die kind omsien as sy ma heen gaan?
Tog wens ek haar jare van liefde en geluk toe!
Hy aan die ander Kant is gelukkig… Oor ‘n dekade kan hy Na Hartelus kattekwaad aanvang!!! Sy sal hom nie kan good of in hardloop vir ‘n loesing nie!

mm ·

Kinderloos….daar is n rede om te wys daar is ‘n Lewendige God en wonderwerke kan nog steeds gebeur.

WitBoer ·

Jip… In hulle geval is dit 10 teen 1, die lewende God, Allah…

HB ·

Asof Indie nie reeds oorbevolk is nie. Ek sou dink dat dit die laaste plek op aarde is wat n infertiliteits kliniek moet aanskaf.

broos ·

so die ouers gaan 78 en 85 wees as boeta skool toe gaan…..gaan hulle hom ooit sien hoërskool toe gaan? wie gaan vir daai kind sorg as hulle die dag nie meer daar is nie? nog ‘n arme wesie op ander se genade. belaglik!!!

Mira ·

Kinderloos, ek het nie bedoel om op jou tone te trap nie en ek vra verskoning as ek jou seer gemaak het. Ons almal smag na kinders en vir party van ons is dit net nie moontlik om dalk kinders te kry nie. Maar ek staan nog by wat ek gesê het. Daar is ń doel daaragter. Ons verstaan dalk nie nou wat die doel is nie, maar eendag sal ons weet.

Gesiggie ·

Ag nee regtig”’ hoekom wil jul nou op hierdie ouderdom nog kinders groot maak? Dit is nou n tyd om te ontspan en die laaste bietjie van wat oor is’te geniet ” Ek is baie bly as Ouma en Oupa n begeerte gehad het vir nog n kind” maar waar gaan al die geduld vandaan kom, of gaan jul n baba opsigter aanstel” Ek is baie lief vir kinders, maar op die ouderdom van 72, moes jul al lankal al Ouma en Oupa groetjie gewees het… nie Ma en Pa.. Sterkte aan jul”

Liesbet ·

Ai Gesiggie, lees die berig mooi stadig. Dit is hul eerste kind. Hul is 46 jaar getroud en het na al die jare steeds geglo (net soos Abraham en Sarah in die Bybel) dat hul ouers gaan word. Hul droom het uiteindelik waar geword. As jy die ander berigte in oorsese koerante lees sal jy sien hul weet dat mense nou bekommerd is wie na hul kind gaan kyk eendag. Maar hul sê dat hul glo in God (nie Alah) en dat God sal voorsien en kyk na hul kind.

MK ·

Kinderloos, ek voel jou pyn en kan nie glo mense kan so ongevoelig wees nie. Elke vrou begeer ‘n kindjie. Ek kon self ook nie natuurlik swanger raak nie. Met mediese hulp het ek vandag ‘n pragtige dogter v 15jr. Ek dank God elke dag v haar. Ek dink aan jou en bid dat God julle sal seen met ‘n kindjie. By Hom is niks onmoontlik nie. Moet nooit ophou glo nie. Sterkte!

Kinderloos ·

Baie dankie MK! Ek waardeer jou bemoediging! So bly ook vir mediese hulp en dat hul ons wat sukkel om natuurlik swanger te word kan help. En Janine, in vitro is ‘n wonderwerk. Die dokters kan help tot op ‘n punt, maar God het die laaste besluit. As dit nie was vir mediese ingryping nie kon MK nie vertel van haar 15 jarige wonderwerk dogter nie.

Carla Ferreira ·

Baie geluk aan die nuwe Mamma en Pappa.

Eerstens wil ek net uitpunt aan almal ja hulle is oud maar dink vir jouself in, al jou vriendinne om jou trou en jy trou ook. Jy sien almal swanger raak die een na die ander en met jou gebeur…. niks net mooi niks jy wag en jy hoop en hulle kinders word groot en niks gebeur vir jou nie. Hulle kinders kry kinders en uiteindelik ‘n wonderwerk. Ek kan myself net indink hoe moet mens voel as jy jare na iets smag en uiteindelik na 46 jaar kry jy dit. #amazing

Kinderloos ·

Baie dankie MK! Ek waardeer jou bemoediging! So bly ook vir mediese hulp en dat hul ons wat sukkel om natuurlik swanger te word kan help. En Janine, in vitro is ‘n wonderwerk. Die dokters kan help tot op ‘n punt, maar God het die laaste besluit. As dit nie was vir mediese ingryping nie kon MK nie vertel van haar 15 jarige wonderwerk dogter nie.

Joann ·

Ek weet darem nie. N vrou ovuleer nie meer op daai ouderdom nie,dus hoe het sy swanger geword. Al was dit kunsmatig moet vrouens ovuleer en n eisel afskei om te kan bevrug word. Bulls

Lise ·

Hul het skenker eiersel gebruik en haar man se sperm. Maak dit nou vir jou sin?

MK ·

Joann, dis my punt. Ek was net 30 jaar oud en het nie geovuleer nie. Moet mens nou net aanvaar jy gaan kinderloos wees as jy nie ovuleer nie. Moet ek aanvaar het dis God se wil dat ek nie kinders het nie. NEE ‘n duisendmaal nee! God gee mense die kennis wat vandag toegepas kan word om sulkes soos myself se skoot te vul. Met mediese hulp kon my liggaam egter na behandeling ‘n eierselletjie “produseer”.

Ansa ·

God het van die kindjie geweet van voor die grondlegging van die aarde af en pas perfek in Sy plan. Die ouers kan dalk 120jaar oud word. En ek is seker daarvan hulle het meer wysheid as wat die meeste 20jariges het en sal wonderlike ouers wees. Hierdie kindjie is beter af by sy “bejaarde” ouers wat hom met liefde gaan oorlaai as baie ander “unwanted” kindertjies deur jongmense verwek. Wie weet? Arman is dalk die jong man wat eendag ‘n wonderuitvinding vir suurstof produksie ontwerp as die laaste boom afgekap is….. iemand gaan eendag juig oor hy gebore is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.