Vrou (73) sterf ná polisie-snuffelhond haar herhaaldelik byt

Argieffoto

Irene Collins (73), die vrou wat in 2014 dood is vier dae nadat ʼn polisiesnuffelhond haar gebyt het terwyl hy op soek was na ʼn dwelmverdagte wat moontlik in haar tuin kon skuil, se seun het die polisie skerp gekritiseer.

Die jurie in die kommissie van ondersoek na Collins se dood het vandeesweek in die Teesside-landdroshof in Engeland uitspraak gelewer oor hul bevindings.

Dano, ʼn Duitse herdershond, was besig om saam met sy hanteerder, PC Baines, na ʼn vermoedelike dwelmhandelaar te soek.

Daily Mail berig Dano het die vrou op haar erf twee keer op haar arm en been gebyt. Dit het tot erge bloedverlies gelei. Sy is altesaam vier keer gebyt, haar arm was gebreek en sy het kneusplekke op haar gesig gehad.

Collins is nie gewaarsku dat daar ʼn soektog op haar erf uitgevoer sal word nie.

Wat die hof vandeesweek ook gehoor het, is dat Dano glo al 10 mense vantevore gebyt het, maar dat die polisiedienste wat die hond aan die Cleveland-polisie, wat die soektog uitgevoer het, verkoop het, hulle nie daaroor gewaarsku het nie. Hy het een slagoffer byvoorbeeld aan die gesig beetgekry.

Die jurie het onder meer bevind dat Baines meer moes doen deur die hond stywer vas te hou met albei hande of wydsbeen bo-oor hom te gaan staan.

Hulle het ook bevind dat die polisiebeamptes meer kon doen om te verseker dat die agterdeur van Collins se huis stewig gesluit was voor hulle die hond in haar tuin toegelaat het. Collins het glo ná die aanval vir Eric Collins (51), haar seun, gesê die hond was “buite beheer”.

Eric het ná die uitspraak gesê hy is woedend vir die polisie. “Dit is ʼn skande aan hulle kant.”

BBC berig die Cleveland-polisie het intussen hul beleid verander en vereis nou ʼn volledige agtergrond van enige hond wat hulle aankoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daan Erasmus ·

In Suid Afrika kan die dagga snuffel honde nou aanskuif na ernstiger dwelms. Hulle is daar so kom ons gebruik hulle.

$ ·

Maroela julle opskrif is misleidend; dit skep die indruk dat die berig gaan oor ‘n onlangse honde-aanval, nie oor ‘n gebeurtenis van 4 jaar terug nie. Die opskrif behoort te lui “Jurie lewe uitspraak ná vrou sterf weens polisie-snuffelhond se byt …” of iets dergeliks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.