Vrou aangekla oor foto van hond op Facebook

Die foto wat Katharine Lemansky van haar hond, Brown, op Facebook gedeel het. Foto: Facebook via FB Newswire

Die foto wat Katharine Lemansky van haar hond, Brown, op Facebook gedeel het. Foto: Facebook via FB Newswire

ʼn Amerikaanse vrou wat ʼn foto van haar hond, waarvan die bek met kleefband toegeplak is, op sosiale media gedeel het, is van dieremishandeling aangekla.

Katharine Lemansky (45) het die foto van haar hond, Brown, op Facebook geplaas met die onderskrif, “dis wat gebeur as jy nie jou mond kan toehou nie”. Die plasing is duisende kere gedeel, maar is sedertdien van haar profiel verwyder.

Sosialemedia-gebruikers het die polisie oorval met klagtes en geëis dat stappe teen Lemansky gedoen word.

The Daily Mail het berig is Lemansky is in Cary, Noord-Carolina, aangekeer en van dieremishandeling aangekla. Randall Rhyne, kaptein van die Cary-polisie, het gesê Lemansky se besluit om die hond se bek toe te plak was “’n verskriklike besluit” en die polisie was genoodsaak om ʼn aanklag van dieremishandeling teen haar aanhangig te maak.

Hy het beklemtoon dat dierebeheerbeamptes wat die hond en haar werpsel ondersoek het, gevind het die honde word baie goed versorg en dat hul inentings op datum is. Die honde is dus nie uit Lemansky se sorg verwyder nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Anita Labuschagne ·

Dis vreeslik, wonder hoe sou sy voel as haar mond met doringdraad vasgemaak was! Dis wat ek graag sou wou doen!

Kobuz ·

Darem het niemand nog gekla oor ek my vrou se mond toegeplak het nie.

Johann Marx ·

As jou bure se honde onophoudelik blaf, klim oor die muur en tel hulle oor na jou kant toe…..dan kan die buurman heelnag na hulle lê en luister…

Pieter dp ·

Ja sy het seker dit as n grap bedoel en nou word als uit verband ge ruk. Mens word groot. ANIETA jy ook .

Eish! ·

Ja Pieter, se ek ook. Mensig party het ooknie ‘n vriendskap met hul honde nie. Ek het met my een hond eendag gedoen met verbande. Dit was ‘n speletjie en sy het dit geniet. Het ook sussa brak se aandag gesoek wat se nek toegedraai was agv ‘n seer wat nie gekrap moes word nie. Sal liewers nie die foto op fb sit nie.

Se maar net ·

Ja jinne – hierdie is nou regtig ‘n berg van ‘n molshoop maak ! Weet die mense ooit wat mishandeling is ?!

Blommetjie ·

Ai dalk het die hond net te veel geblaf! Ek het n goue spanjoel en hy maak my MAL met sy geblaf dit voel partykeer of ek sy bek vir hom kan toeplak!!

JJ ·

Ag tog, nou waar was die doring draad? Ek neem aan die mense wat krokkedille vang gaan aangekla word; hulle bekke word ook toegebind.

Jollie Jacqueline ·

Ag dis tog nie dieselfde nie. Krokkedil is ‘n wilde dier. ‘n Hond is ‘n huis dier.

Peet Schabort ·

Ek sou graag sommiges in SA se b€kk€ ook wou toeplak/muilband.
Veral diegene wat eers doen en dan (miskien) dink.

fluiter ·

Hoe kom jy aan doringdraad van kleefband af soms wonder ek hoe sulke slim mense dit regkry om n rekenaar aan te sit en nog op die internet in te log…

JaNee ·

Verstaan hoe sy voel. Ek skrik altyd wanneer my twee klein hondjies langs my in die huis blaf en dreig hul altyd met stembande uithaal of skok nekbandjies koop. Sal nie, te lief vir hul :)

Fransie ·

Ten minste het sy haar hond probeer stil kry. Ek wens van ons bure wil iets probeer met hul hond wat dag in en dag uit blaf, blaf, blaf. Dit maak almal GEK behalwe die eienaar. Kan iemand asb vir my verduidelik hoekom is dit so???

Nina ·

Fransie, dis altyd so! ESommige eienaars hoor GLAD NIE hul brakke se permanente gekef en geblaf nie.

Genis ·

Ja dis een ding om dit op te plak en te lag maar dink hoe seer dit vir die dier moes wees toe dit weer afgehaal moes word. Gaan plak gerus daardie soort kleefband op u harige dele en probeer dit dan aftrek om te verstaan wat ek bedoel. Dis nie snaaks nie dis ‘n skande.

SNEL ·

Om n mens se doen en late orals op sosiale media uit te blaker is sekerlik die gevaarlikste ding om te doen. Duidelik sorg die vrou goed vir haar diere en gee sy baie vir hulle om. Die hond het seker haar gek gemaak en uit n grap uit het sy sy mond toegeplak, foto geneem, kleefband weer af gehaal en toe die foto geplaas op Facebook en nou het mense dit uit verband geruk en dink hulle die hond loop vir dae so rond. Ek kry die vrou eintlik baie jammer, die hond waai sy stert alweer en is “happy” en sy is nog knie-diep in die sop. Ai tog, die foto gaan haar ook seker nou n paar dollars uit die sak jaag vir n boete as sy nou nie n paar dae agter tralies moet sit nie.

Human ·

Ai ek lees al die kommentare en ja dit is lastig as ‘n hond aanhoudend blaf, maar ek sê altyd dit is hoe hy gemaak is en as ‘n hond nie blaf nie dan moet hy seker ‘n kat wees.

Nina ·

Twak. Jy leer jou hond van kleins af om nie vir sy eie agterent te sit en blaf nie. Daar is DUISENDE videos en artikels aanlyn oor opleiding.

Schalk ·

Human,n Lastige kat. Daar is niks erger as honde wat blaf net omdat hulle kan nie. Een van daai skok aparate om die nek werk, binne n week fluister hy.

Schalk ·

Ek sou haar beslis laat aankla het. Die grys tape pas glad nie by sy oe nie!!!

Anoniem ·

Dis wat Maroela met ons doen as ons kommentaar probeer lewer. Hulle is kommentator-mishandelaars.

K9 ·

Die brak het seker aanhou blaf!! Mooi man. Dit gee my mos ‘n idee.

Nina ·

Die ‘tape’ is nie styf vas nie. Ons veaarts plak my APBT se mond ook toe met daai vieslike materiaal ‘tape’ wanneer hy aan hom werk. :/

Theresa B ·

Grap se gat. Ek hoop die hond is weggevat van haar af en haar mond word toegeplak. Ek wil nie eers die artikel lees nie. Hier is kerksfees (en die stupid krekkers weer). Daar gaan seker weer die vreeslikste artikels oor die arme diere in die koerant verskyn en mense wat soos idiote gaan optree teenoor diere en die diere nie in ag neem nie.

Vince ·

Mens moet versigtig wees om ander te oordeel sonder dat jy die feite ken. Hier in Noord Amerika is daar City Bylaws en onder dit kan jou buurman jou verkla as jou hond blaf. Verstaan mooi blaf nie oormatig nie net blaf. So dit was dalk ook haar geval en sy was dalk genoodsaak omdat sy dalk nie n blaf halsband kan bekostig nie om die hond te help op die manier. Sy het dalk maar net probeer keer dat die City haar hond kom vat en uitsit. Ek keer geensins goed wat sy gedoen het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.