Vrou ‘allergies’ vir haar man

Scott en Johanna Watkins

Scott en Johanna Watkins (voor haar simptome vererger het)

ʼn 29-jarige vrou kan nie haar man soen of selfs saam in ʼn kamer tyd saam met hom spandeer nie.

Johanna Watkins van Minnesota ly aan mas-selaktiveringsindroom, ʼn seldsame immuniteitsiekte. Dit beteken sy is allergies vir byna enigiets, insluitend haar man se reuk, berig BBC.

Indien die egpaar ʼn romantiese aand saam wil spandeer, sal sy in een vertrek na ʼn program kyk en hy sal drie verdiepings onder haar, in ʼn ander vertrek, ook na dieselfde program kyk en hulle sal deurgaans SMS’e vir mekaar stuur om die program te bespreek.

Johanna bly alleen in die solder, waar al die vensters en deure geseël is met lugfiltreerders om die lug te suiwer.

Voordat sy en Scott in 2013 getroud is, het sy nie verwag dat haar siekte só ernstig sou word nie. Sy het as ʼn onderwyseres gewerk en die paartjie het graag saam gaan stap. Sy het toe reeds met allergieë en hoofpyne gesukkel, maar dit het al hoe erger geword ná hul troue.

Huidige behandeling vir lyers werk nie vir Johanna nie en die paartjie weet nie of hul situasie ooit sal verander nie.

“Op ons troudag het ons aan mekaar beloof om saam te bly tot die dood ons skei, maak nie saak wat gebeur nie. Selfs al het ek hierdie siekte tot ek 90 jaar oud is, bly ek toegewy aan my man en daardie belofte en sal ek vir hom lief bly.”

Johanna het al meer as ʼn jaar lank nie die solder verlaat nie, buiten ʼn besoek aan die hospitaal tydens ʼn noodgeval of vir ʼn afspraak by haar dokter.

Haar broers en susters kan haar besoek, maar dan moet hulle vermy om enige sterk gekruide kos te eet, hulle moet met ʼn spesiale seep bad en kan slegs in hul onderklere ingaan. Sodra hulle die solder betree, moet hulle maskers aansit en spesiale klere aantrek.

Lees meer hier: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Estelle Horn ·

Ek voel regtig baie jammer vir die egpaar om so n lewe saam deur te bring. Ek hoop en bid dat daar vir haar n geneesmiddel gevind sal word. Sterkte vir julle.

E ·

Ek kan dit net nie glo nie, al probeer ek verstaan. Sy lyk dan so jonk en gesond.

HARTSEER ·

my kind is 3 en het n paar metabolise probleme wat haar baie siek maak maar as jy vir haar kyk lyk sy nie siek ni, glo my dit veroorsaak baie probleme

GES ·

Dit is nie lekker om van so iets te lees nie. Ons hoop en vertrou daar word ʼn kuur gevind om die siekte te behandel.

Jan ·

Nou verstaan ek my egskeiding.. ons was EINTLIK allergies vir mekaar
.. :-(

Doortjie ·

Nou verstaan ek ook hoekom so baie skei. Maar alle sterkte vir hulle hoop ook dat hul iets sal kry om haar te help

fred ·

Jislaaik, dit kan ek nie verstaan nie. Hoekom dan trou? Hoe maak die twee dan liefde – dit is tog menslik. Die een in die kamer en die ander een in n ander kamer. Probeer dink maar is bot.

John ·

… die allergie-ding. Verklaar dit nie ook baie meer dinge in die lewe nie. Seker ook hoekom ek die bure se kat wat jagmaak op die voels in my tuin nie kan veel nie…

SNEL ·

Van onderwyseres, wat die hele dag tussen snotneus kindertjies is na n vrou wat met geen persoon in aanraking kan kom nie….ek sluk swaar aan die storie. Sien is glo in die geval, maar sonder sien, dink ek dis n aandag gesoekery.

manda ·

jy word duidelik omring deur n klomp gesonde mense my dogtertjie het n mitochondriale siekte en 2 auto imuun siektes wat haar baie siek maak maar as jy vir haar kyk lyk sy ni siek nie voor jy sulke goed se maak seker van jou fyte. n verkoue wat jou kind net liggies siek maak het die potensiaal om my kind dood te maak!!!!!

CAV ·

My vrou is ook allergies vir my. Ek het twee keer aan haar geraak, toe kry sy n uitslag en swel sy vir 9 maande ( lol )

Snip ·

Ek sal regtig iets oorkom as ek moet allergies wees vir my man. Ek like daai vleis te veel. LOL

Pietser ·

Ai, wat ‘n meulsteen om so te lewe. Tel julle seeninge mense. As mens so ‘n berig lees, verdwyn jou eie ou probleempies soos mis voor die son.

Brabus ·

Kan nie lekker wees nie. Sy se sy getrou bly aan haar man tot die dood.
Ek kan nie help om te wonder of hy dieselfde gaan doen nie…..

Daan ·

Die huwelik is ‘n verbond,gesluit voor God.Sy liefde genees enige allergie.

Prediker ·

Is maklik, kry een van daai amerikaanse Pastore wat die mense so gesond bid…

LB S ·

Die DOOM een! (Grappie) Maar regtig, hierdie is ‘n tragiese verhaal.
Ek hoop ook maar net dat haar man sy belofte ook nakom. Maar menslik is hierdie ‘n baie moeilike situasie.

Kopseer ·

Dit is die grootste Kopseer wat ek al ooit van gehoor het

Lollie ·

Smaak my sy gaan binnekort baie minder gaste/besoekers hê, hoe lank gaan mense bereid wees om dit te doen?
Dit is baie tragies, maar dis die eerste keer wat ek van so iets hoor, en dit is onregverdig om van ‘n man te verwag om daarmee saam te leef, hy is nie siek nie, hy wil ‘n normale huwelikslewe en kinders eendag he, so net so jammer soos wat ek vir haar voel, dink ek sy moet die regte ding doen en hom laat gaan.

charlene ·

Lollie, ek hoop nie jy is getroud nie want duidelik beteken daai belofte vir jou niks nie. Darm kan baie mense dink en weet wat dit is om ware liefde te ervaar. Jy maak op-offerings vir die persoon waarvoor jy lief is.

charlene ·

Ek sien baie min mense verstaan… Mense dink ek is bot net omdat ek nie handskud nie en nie drukkies gee nie… maar ek is allegies vir mens sweet (my eie ook ja) of te wel ek is allegies vir water.. en nee ek is ernstig. Dit maar net een ding.. seep, ENIGE lyf produkte wat “reuk” in het, stof (sand dan ook), gras. Ek swem glad nie waar mense is nie, dis nie lekker om vol karbokels te wees nie. En dan praat ek nie eens van voedsel waarvoor ek allegies is nie – wat ek kan belowe die meeste mense nie geweet het bestaan nie. Alergie is moeilk en nie `n mens se speel maat… Dis nie lekker om rustig te sit en eet en dan skielik te voel jy kry nie meer asem nie. Ek en my man lewe daarmee saam, ons maak dit werk. Ek hoop hulle vind `n manier waarop die vrou en alegie onder beheer kan kom, mense veroordeel omdat hulle nie fisies kan sien daar is fout nie.

Louise Burger ·

DAAR IS HULP en HOOP! Dr Henry Wright het boek geskryf.. A More Excellent Way.. (roots of diseases). Hy word vermeld in Amerka se “Who’s Who” vanwee die sukses wat hy veral met auto-immuun siektes behaal. Die boek is by by CUM en Online boekwinkels te koop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.