Vrou beseer wat dinamietstokkie vir kers aansien

Argieffoto (Foto: congerdesign, Pixabay)

ʼn Vrou van Connecticut in die VSA het ernstige beserings opgedoen toe sy tydens ʼn kragonderbreking per ongeluk ʼn stokkie dinamiet aangesteek het, onder die indruk dat dit ʼn kers is.

Die 30-jarige vrou wou vroeër kerse koop, maar is met leë hande huis toe omdat die winkel reeds gesluit was, het CBS News Vrydag berig.

Die ma van twee het ʼn kers in die donker gesoek, en toe ʼn kwart stokkie dinamiet aangesteek, aldus die polisie. Sy het ernstige gesigbeserings opgedoen en kan moontlik haar vingers verloor.

Die dinamiet het aan vorige eienaars van die huis behoort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

Ja. Ons koop dit… sommer op elke hoek en draai. Die vrou het ook sowaar geglo dinamiet is maar net anderste kerse. Wat soek dit in die huis? Ok anderste mense, sou mens se.

Niklaas ·

Duidelik nie die skerpste potlood in die pakkie. Dinamiet lyk heelwat anders as was-kers , en almal weet dit…wel , amper almal

Netso ·

Ek is oortuig daarvan dat dit ñ ” klapper ” nader aan ñ vuurwerk was as dinamiet! Nou dat ek self kinders van my eie het is bly ek dit nie meer te koop kry langs die kafee waar ek groot geword het nie! Ek onthou daar was een wat toegedraai was met kleur foelie (chocolates) , wat regtig bang gemaak het was dat jy maar ñ sekonde of drie gehad het voor dit afgaan nadat jy dit aangesteek het! In die tye wat ons leef is dit regtig nie grappig as so iets in ñ buurt ontplof nie!

Fanie ·

Sover dit my kennis strek het denamiet nie put of lont nie en denamiet sal uitbrand sonder dat hy ontplof want hy moet afgesit word met n slagdoppie of n slag soos met n hammer

RN ·

Iemand yl nou weer. Lees Fannie se kommentaar. Maak sin. Dit was seker ‘n bomkrekker, maar ek kan nie dink denamiet nie..

leser ·

stem saam met fanie , en dan is dit ook nog ‘n kwart dinamiet stokkie ????????????????

Lol ·

As dit n kwart stokkie Dinamiet was, dan sou sy meer as net haar vingers verloor het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.