Vrou dalk lank tronk toe in Zim

Martha O’Donovan. Foto: ANA

ʼn Amerikaanse joernalis kan moontlik tot 20 jaar tronkstraf in Zimbabwe gevonnis word nadat sy pres. Robert Mugabe (93) glo beledig het.

Martha O’Donovan, wat vir Magamba TV werk, sal Maandag weer om borgtog aansoek doen nadat sy Vrydag in Zimbabwe in hegtenis geneem is. Magamba TV vervaardig politieke satire.

O’Donovan is by haar huis in hegtenis geneem nadat die polisie haar daarvan beskuldig het dat sy op Twitter vir Mugabe as ʼn “siek en selfsugtige” man beskryf het. Sy word van ondermyning aangekla.

O’Donovan se regsverteenwoordigers het Saterdag voor landdros Nomsa Sarabauta aangevoer hul kliënt is eers ná haar arrestasie ingelig dat sy van ondermyning aangekla word en dat dit strydig is met die grondwet.

Die polisie beskuldig O’Donovan daarvan dat sy Twitter en die televisiestasie gebruik “vir die uitsluitlike doel om die regering deur ongrondwetlike middele omver te werp”.

O’Donovan is aanvanklik oor die naweek borgtog geweier en sal tot 15 November agter tralies wees tensy haar regsverteenwoordigers vandag daarin slaag om vir haar borgtog te kry.

O’Donovan het die aanklagte teen haar ontken. Haar inhegtenisname kom slegs ʼn maand nadat Zimbabwe die departement van aanlynveiligheid op die been gebring het in ʼn poging om kritiek oor Mugabe op sosiale media te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

snoefie ·

ha ha ha ha! sy ou velletjie is maar baie dun agv sy hoë ouderdom.

Boer ·

Zim is die rigtingwyser waar SA oppad heen is.
Hierdie heksejag is reeds in SA te sien met aanklagtes teen blankes en seliktiewe vervolging soos die aanklagtes van Swart Maandag en vele ander sake.

Thinus ·

Dink in sekere opsigte is dit baie erger hier. Ek twyfel of daar ooit so baie aanvalle en moorde in Zim was soos in die laaste 10 jaar hier

HPV ·

Baie raak beskrywing van hom! Mens kan egter baie meer tot die beskrywing toevoeg. waarom die bohaai, sy het slegs die waarheid gepraat.

Blom ·

Wat ‘n gemors!!.. Deesdae vertrou hul niks wat gesê word nie waar kry hy geld om nuus te monitor.?. Terwyl dit swaar gaan met sy mense.

Siener van Melbourne ·

Dis eerste wêreld lande wat geld in sy sak prop. Lees gerus Martin Meredith se boek oor Zimbabwe, en jy lees RSA se toekoms terselfdertyd.

Ander Annie ·

Mmmmm, ek dink opwindende Trump tye lê voor. Sy het niks gesê wat nie al by herhaling gesê is nie.

Hans ·

trumpet sou mugape al lankal in die tronk gegooi het.Ek dink hy is ook bang vir mugabe soos die res van die wereld maar ek hoop iemand kom tot haar redding.

Cecilia ·

Bly weg uit die lande uit mense, julle buitelanders wil nie hoor nie. Jy gaan 20 jaar sit, MUGABE is die wet in ZIMBABWE, hy haat witmense, en skreeu dit elke dag van elke verhoog af en die buiteland hou hulle doof daarvoor want dit is mos n’ DEMOKRATIESE bestel .. well well .. kyk hoe goed werk DIT nou vir julle ne? Hel hulle wou hom tot ‘n WGO ambassadeur maak as daar nie kapsie was nie, SLAAP die oorsese lande dan? NEE HOOR .. Mugabe is ‘n wet op sy eie .. hysal niks oorkom nie, inteendeel die oorsese lande se regerings en presidente VAL OOR HULLE VOETE om hom te verwelkom in hulle lande .. daar moes lankal ‘n verbod op sy reise na ander lande geplaas word agv sy RASSISME .. maar ja . ons praat teen ‘n muur vas, ek sien maar net hoe hanteer Amerika en Europa nou vir Zuma en Kie.

Ray ·

Diplomatic Immunity? Grace het daai kaart gespeel, miskien kom hulle nie agter as sy daai kaart prober speel nie. Sy het gelukkig nie met ‘n elektriese koord rondgeloop nie. O nee wag did Zim nie SA nie

Willie ·

Dis tyd dat iemand Donand Trump vra om in tree in Afrika…

A Mac ·

As dit in Zimbabwe gebeur, hoeveel mense in Suid Afrika mos dan al in die tronke gewees het met hulle beledigings teenoor Zuma en kie?

Riana ·

Iemand sal maar net ‘n lekker nuwe noemnaam vir hom moet uitdink

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.