ʼn Duitse vrou is Maandag in Oostenryk dood toe ʼn trop koeie haar vertrap het.
Plaaslike polisie het Dinsdag gesê ongeveer 20 koeie en hul kalwers het die 45-jarige vrou in Oostenryk se Tirool-provinsie aangeval.
Die vrou se hond, wat aan ʼn leiband vas was, het die koeie glo op hol gehad.
Nooddienste se pogings om haar lewe te red was tevergeefs.
Die vrou se identiteit is nie bekend gemaak nie.