Vrou dood tydens henneparty

Kirsty en Maxwell (Foto: Facebook)

ʼn 27-jarige man van Brittanje soek antwoorde nadat sy vrou (27) vroeër vandeesmaand tydens ʼn henneparty in Spanje oorlede is.

Adam Maxwell het Vrydag aan BBC gesê hy is gebroke en in rou gedompel nadat sy jong vrou vroeër in Mei vermoedelik van die tiende verdieping van ʼn hotel na haar dood geval het.

Maxwell, wat nie by die henneparty was nie, is minder as ʼn jaar met sy vrou getroud.

Volgens ʼn polisieondersoek is sy oorlede vrou, Kirsty, die laaste keer saam met vyf mans in ʼn hotelkamer gesien. Kirsty het tydens die henneparty na ʼn vertrek langsaan gegaan waar vyf onbekende mans gekuier het.

Volgens die polisie is dit nog onduidelik presies wat in daardie hotelkamer gebeur het, maar alles dui daarop dat sy wel van die balkon afgespring het.

Volgens verklarings van die mans het hulle haar gevra hoekom sy in die kamer inkom. “Ek het vir haar gesê dis nie haar kamer dié nie,” lui een van die mans se verklaring. “Ek het daarna na die vertrek langsaan gegaan om haar vriendinne te roep om haar te gaan haal.”

Sy het glo sonder rede van die balkon afgespring.

Hoewel een van dié mans in hegtenis geneem is en ondervra is, is hy vandeesweek weer vrygelaat sonder bewyse.

Intussen het die polisie gesê haar dood is moontlik die gevolg van drank ná ʼn partytjie, maar Maxwell meen daar sit baie meer agter haar dood.

“Daar het iets donker in daardie hotelkamer gebeur – iets groots waarvan ons nie weet nie. Sy het baie gehad om voor te leef, en sy het té veel drank en dwelms gehad. Ek soek antwoorde van die mans wat saam met haar daar was,” het hy aan BBC gesê.

Al vyf mans voer aan sy was skynbaar dronk en het “moontlik die hoogte onderskat” toe sy van die balkon afgespring het.

Bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Mike ·

Sal dit nie wonderlik wees as alle Ra ( u)m en Hennepartytjies nooit weer plaasvind nie?

Gee krag ·

Mike ek is dit daar eens met jou. Dis moeilikheid en onheiligheid ineengevleg.

Jurie ·

Mike jy is seker al aan die ou kan laat die jong mense hulle geniet

amanda burger ·

As “geniet” na mense se dood lei, moet die tipe van twak gestop word.

LB ·

Jy kan jou wel baie meer geniet sonder drank en met selfrespek en sonder ‘n hoofpyn die volgende dag aanpak. niks met ouderdom te doen, gesonde verstand.

Blits ·

Ram en hennepartytjies is over rated, dit moet stop gesit wrd, daar is niks verkeurd met n gesaamentlike kuier om n braai nie, ek weet van baie mans ne vrouens wat in die hospitaal op geeindig het omdat mense hulle laf hou en oorboord gaan, van my eie vriende het al in die hospitaal beland waar hulle by die dood om gedraai het. en mense wat dink dis fun moet nog groot word en verstand kry

Johann ·

Meng jou met semels dan spring jy van die balkon af, of is dit nou word jy daar afgegooi

Darius Els ·

Ja ,was dit ander kulture het die hel van sameswerings teoriee hier neergehel!
Maar henneparty,met getroude vrou in kamer langsaan met ander mans,is mos nou weer so moontlik onskuldig ne !
Weet lesers ook van die nuutste in hennepartye (en nogal vroue direkteure en jonk) bi seksueel verkeer.?
Henne in hul 30s ,direkteure,ma’s van kinders jol met mekaar ,BI SEKUEEL.
LEKKER NUWE SA

Anneke ·

Die joernalis het sy werk so sleg gedoen. Die heel eerste sin het ñ fout in. Die man is Brits en sy was in Spanje. Komaan Maroela dis darem ñ simpel fout.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Anneke

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is gewysig.

Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Lulu ·

Spanje is n hanetree van Engeland af en is nie duur om n naweek daar te spandeer nie. Dis waarom die partytjiegangers in n hotel tuis was. Geen drukfoute in die verslag nie.

Liebenberg ·

Ek is jammer om van die dood van so n pragtige jong dame te verneem.Ondervra die vriendinne.Moenie net altyd slegse nie en respek eerder die heengaan van n persoon.

annie ·

Ek het vroeg by my skoondogter se henneparty weggery, Skaamverby want dit was n vieslike vulgêre vloekparty. Ek kon sien van die ander gaste was net so ongemaklik want die een vrou het als so oorgeneem en niemand kon haar teengaan nie.

Vryheid ·

Getroude vrou wat dronk raak op n henneparty en dan na n ander kamer gaan waar daar mans is klink vir my na moeilikheid. Daar’s n lang slang in dié gras.

Moira ·

Sy dalk soontoe gestuur onder valse voorwendsels en toe gespring om van die gemors af weg te kom.Een van die vroulike gaste dit so gereel ? Dit kan aandadigheid aan moord wees? Of sy is afgegooi.Daar is baie malles daarbuite.Sy lyk soos n goedopgevoede jong dame.

AN ·

Dis nou uiters swak smaak om so grap te maak oor iemand wat dood is.

Illa ·

Daai hen was volgens haar eie man vol drank en dwelms luidens die berig… Lyk vir my verdag baie of sy net soveel verstandelike vermoë as ‘n hoender gehad het en dieselfde mate van gesonde oordeel… Sy het tien-teen-een gehalusineer as gevolg van haar inname van middels en regtig self daar afgespring. Hoekom antwoorde van die mans eis. Vra eerder haar goeie vriendinne hoeveel drank en dwelms beskikbaar was aan haar vooraf.

LB S ·

Jou kommentaar is die mees realistiese een. Hoekom in die eerste plek soveel drank en dan nog dwelms boonop, gebruik. Dit is soek vir ‘n ding wat kon gebly het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.