Vrou geloof wat haar direk ná ongeluk oor baba ontferm

Tulonga Neputa en klein Dex Heger (Foto via Informanté)

Tulonga Neputa, wat haar direk ná ʼn gru ongeluk op die pad tussen Windhoek en Okahandja in Namibië oor ʼn baba ontferm het, word vir haar optrede geloof.

Vyf persone is Donderdag dood, insluitend Frank Joachim Heger (58), die oupa van die agt maande oue Dex Heger.

Tulonga en haar kollegas was saam met haar kollegas op pad om aan ʼn sportgeleentheid in Walvisbaai deel te neem toe hulle verby die ongelukstoneel gery het, net oomblikke nadat dit gebeur het, berig Informanté, ʼn nuuswebwerf in Windhoek.

Niel Terblanche, ʼn verslaggewer van Informanté, het met Tulonga oor nasionale waardes en moederskap gesels.

Tulonga het die sterk gevoel beskryf wat haar oorweldig het en sy wou alles in haar vermoë doen om seker te maak die klein seuntjie is veilig. As ʼn ma van twee klein seuntjies het sy gesê dit was haar enigste gedagte om hom na veiligheid te bring. Hy het in sy karstoeltjie op die grond langs die wrak van sy oupa se dubbelkajuitbakkie gesit.

“Daar was rook en stof oral en dit het my hart gebreek om hom so hulpeloos te sien,” het Tulonga verduidelik. “Dit was soos om een van my eie kinders vas te hou nadat ek hom vertroos het. Hy het my styf vasgehou totdat ek hom uiteindelik aan een van die paramedici kon oorgee.”

Dex Heger veilig in die arms van sy ma, Nadja

Sy het nie in daardie stadium geweet een van Dex se ouers was ook van die persone op die ongelukstoneel nie. “Ek het eers later uitgevind sy ma was nie in die ongeluk betrokke nie, en dit was ʼn groot verligting.”

Dex is veilig in die arms van sy ma, Nadja, en hy sterk goed aan in die Windhoek Medi-Clinic. Hy het ʼn besering aan sy arm opgedoen.

Informanté berig volgens omstanders het ʼn BMW redelik vinnig gery toe ʼn wiel gebars het. Die bestuurder van die BMW het beheer verloor oor die motor en hy het voor aankomende verkeer beland. Die bestuurder van ʼn Amarok-dubbelkajuitbakkie wou die botsing vermy, maar sy voertuig het die BMW getref en die motor het byna gedisintegreer. Albei bestuurders is op slag dood. Nog drie slagoffers het op die toneel gesterf.

Klein Dex is die enigste oorlewende van die ongeluk.

Die ongeluk het in die omgewing van ʼn ou verkeerspunt, ongeveer 25 km buite Windhoek, plaasgevind.

Besoek Informanté se webwerf en Facebook-blad

Hiermee die eksklusiewe onderhoud deur Niel Terblanche met Tulonga Neputa:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Magda ·

Tulonga, Tulonga… miljoene dankies – is mense soos jy wat die hele wereld nodig het! Jou optrede het weer “deure oopgeskop” vir my DANKIE daarvoor!

Katerina ·

Engel op aarde is jy,Tulonga..mag jy en jou eie geliefdes geseen wees en veilig wees vir altyd!!!

Hannah ·

Sjoe Bucco…dit is so waar. Anderdag in ‘n dorp hier naby het ek na ‘n winkel gestap – toe ek daar kom is die rye by betaalpunt so lank dat ek in my spore omdraai… op pad terug kry ek ‘n swart seuntjie wat troosteloos huil en roep “Mamma mamma!” My hart wou skeur…ek tel hom op en staan en rondkyk of ek die Ma sien – almal kyk na die wit vrou met die seuntjie wat nou op en af loop… besluit toe om terug te loop in die rigting wat hy gekom het…en ja – prys die HERE daar kry het ‘n jong meisie wat aan sy armpie vat en hom wil neem…eers toe ek vra waar is die Ma draai sy om en wys vir my – die Ma neem hom en troos ho in Xhosa…. nadat ek klaar besluit gehad het …vir jou vat ek saam met my
tot by Pollisie en daarvandaan huistoe tot jou Ma jou begin soek!

Asjas ·

Dis hoekom julle moet OP-duimpies he, geen mens kan deur die trane behoorlik tik nie en meer as wat reeds gese is kan ons nie, net beaam. Mag sy en haar familie ryklik geseend wees met God se genade.

Ver links ·

This is actions like this that we wish to bring about that there is place for all races and good deeds amongst many. This is prove that we can be one.

Retired mine surveyor ·

Don’t wish for it ‘Ver links’ it already exists even during the years of apartheid and especially on the mines. When you work underground under conditions where safety is a priority there is no colour difference when a worker gets injured, you immediately go to the rescue. You do not turn a blind eye when a work area is unsafe but take the necessary steps to first make it safe. Years ago (1980’s) when I also did not have a cell phone and a taxi overturned I stopped and gave assistance. It was late evening and I also stood in the road to stop cars to inform the emergency services. My son and me even stopped in the middle of the night helping a black person in a WHEELCHAIR and his driver when their car broke down near Heidelberg. Lending a hand for black people is not something new for whites as well as blacks. Please do not let the minority of white racists (using certain ‘words’) as well as black racists (singing ‘freedom songs’) influence our respect for each other.

Leeutjie ·

Majoor!!! Jy is ‘n man so reg na my hart! Ek stem 1000 keer saam met jou!

Ver links ·

Thanks to Tulonga, you are a mother with a good heart and a life saver. You are special.

Joleen ·

Verskriklik hartseer. En dis hoekom kinders ALTYD in karstoeltjies moet wees.

Kaster ·

Ja kinders moet ALTYD in kinderstoeltjies in kar wees, altyd, al ry jy net n kort ent. Dankie Tuljonga.

Foxi ·

Prys die HERE! Dankie vir jou omgee en welwillendheid om na die kleintjie om te sien.

leser ·

sterkte aan dex vir spoedige herstel en sterkte aan dex se familie
jammerte hy het sy oupa verloor
dankie aan tulonga
die Here staan julle almal by

Wilma ·

Tulonga jy is n vrou en ma met n Groot Hart Vol Omgee. God Bless You and millions like you.

Piet Pompies ·

Omgee vir iemand anders kom uit liefde, omgee vir ‘n vreemdeling, is onvoorwaardelike liefde. Hierdie vrou gee onvoorwaardelike liefde. Puik.

Alma ·

Tulonga, jy is i vrou waarna elke mens kan opsien! Dankie! Mag God jou & jou familie seën!

Ver links ·

@ Retired mine surveyor, thank you and that is the way we all looking forward. Helping each other in times of need without any preference, fear or favoritisms. You are indeed a gentleman.

Retired mine surveyor ·

Thank you ‘Ver links’ and God bless, hamba gahle.

Eddie ·

Ver links en Retired mine surveyor, julle is reg hoor. Ek kyk nou die comrades marathon en in sport is daar ook nie so iets soos ras of kleur nie, they are all for one.

Vannessa ·

Dis n goeie daad maar omstanders moet besef dat beseerdes in sulke omstandige soos hierdie waar die kinderstoel uit die bakkie beslinger is blykbaar, nooit moet beweeg nie. Daar kan rug, nek of inwendige beserings wees wat eers deur n profesionele persoon ondersoek en gestabiliseer moet word

Namibia ·

In 1st Aid het ons geleer life over limb. Om sy lewe te red is 1ste prioriteit, al veroorsaak dit ‘n gebrek. Tensy die persoon by sy volle bewussyn is, nie in skok is en hulp weier.

Andrea ·

Wat n lieflike dame! Liefdevol, moederlik en met naasteliefde. Mag sy geseënd wees.

Linda ·

Ek stem saam met Ver Links !!! Baie mense gee om vir anders, ons moet dit begin raaksien.Thulonga people like you makes this world acceptable !!!

Onbekend ·

So dankbaar Tolongu het 1ste gedink aan die kleinman. Een vraag?
In berig staan : Sy het nie in daardie staduim geweet een van DEX se ouers was ook een van die persone op die ongelukstoneel nie. Of verstaan ek nou verkeerd?

Onbekend ·

Ouers was mos nie daar nie.. Net Dex se oupa wat in ongeluk omgekom het. As daar n ouer teenwoordig was op die ongelukstoneel.. Hoekom het hy/sy dan self eerste hul kind na veiligheid gebring nie?

Namibi-er ·

Onbekend, die kind se ouers was nie op ongelukstoneel nie. Hy het saam met sy oupa gery. Die ouers was tuis. Oupa is ongelukkig ook oorlede.

Cupcake ·

Dis presies wat ek al die tyd aan dink. Ek weet mens wil help. Maar mens moet ook dink aan nagevolg. Dankbaar seuntjie is veilig by sy moeder!

Magda ·

Dankie Tulingo vir jou hulp aan die seuntjie. Die Liewe Heer is met jou.

Piet ·

Almal is dood, mens moet dus ook insien hoe belangrike rol die karstoeltjie gespeel het. Laat dit ‘n les wees vir almal. As dit die oupa is wat hom in sy stoel gesit het. Oupa, volgens my is jy die held wat nie raakgesien word nie. Mag jy rus in vrede.

Gesiggie ·

God send an Angel… en dit was jy Tulonga… baie dankie vir jou omgee teenoor die baba seuntjie… my innige meegevoel aan die familie en ook aan klein Dex wat hul Pa en oupa moes verloor… mag jul hartseer vervang word met blydskap, dat Jesus Dex gespaar het.. en dat hy altyd die leemte sal vul van sy Oupa se heengaan. Sterkte aan die Familie

maryann ·

Tulonga, mag almal in SA by jou leer. God seen jou en jou gesin met jou warm liefdevolle hart.

izette ·

Tulonga,jy n engel…….

Sterkte vir die mense wat agtergelaat word…weet waar julle hulp vandaan gaan kom…van die Here af…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.