Vrou gered ná luislang om haar nek draai, verskeie kere byt

‘n Burmese luislang. Foto: naturfoto.cz

ʼn Vrou van Ohio in die VSA is Vrydag deur brandweermanne uit die greep van ʼn Burmese luislang gered nadat die slang homself om haar nek gedraai en haar in die gesig gebyt het.

Volgens die Elyria Chronicle-Telegram het die 45-jarige vrou glo die 911-noodnommer gebel nadat die slang, wat sy glo die vorige dag “gered” het, haar begin aanval het.

Die Elyria Chronicle-Telegram berig brandweermanne het die vrou in haar oprit opgespoor met die luislang om haar nek, besig om haar verskeie kere in die gesig te byt.

Een van die brandweermanne het glo ʼn knipmes gebruik om die slang se kop af te sny, waarna sy greep verslap het.

Die vrou is na die hospitaal gehaas, maar haar lewe is nie in gevaar nie.

Volgens die brandweermanne wat op die toneel was, hou die vrou sowat 11 slange, almal luislange, op haar erf aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Herman Uys ·

Net ń korreksie
Luislannge en enige ander slang wat wurg om prooi te dood byt
Giftige slange pik.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Herman
Jy is inderdaad in die kol! Jammer vir die oorsig. Die artikel is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Netekke ·

Herman, ek stem volkome saam luislange byt hulle pik nie. Giftige slange pik hulle byt nie.

Toinette ·

‘n Mens sou nou gedink het dit is in Suid Afrika, maar nee Ohio. Hoekom moet ons sulke snert van Amerika in ons nuus lees? Daar is belangriker ding wat in ons land Suid Afrika gebeur wat die geregtelike burgers van die land beinvloed as om sulke snert te lees. Hoekom, hoekom hoekom??????

Ernst ·

Ons wil ook hoor wat in die buiteland aangaan. Ons wil nie met ons kop in die sand sit soos jy nie.

KarenG ·

Jou persepsie van snert is weer ‘n ander persoon se idee van interessant. Ek stem, ek wil ook dan en wan weet wat gebeur in ander dele van die wereld.

Cherokee ·

Hoekom, hoekom, hoekom wil jy in so ‘n klein wêreldjie leef, Toinette????? Die aardbol is baie groter as net Suid Afrika. Daar is ‘n buitekant ook. Dankie Maroela dat julle nuusdekking wyer is as net lokaal.

Toinette ·

‘n Mens sou nou gedink het dit is in Suid Afrika, maar nee Ohio. Hoekom moet ons sulke snert van Amerika in ons nuus lees? Daar is belangriker dinge wat in ons land Suid Afrika gebeur wat die geregtelike burgers van die land beinvloed as om sulke snert te lees. Hoekom, hoekom hoekom?????? Wat het dit met ons te doen as ons eie land onder vandag se omstandighede bloei!!!!

Paul ·

Jy hoef dit nie te lees nie, Toinette.

Dis baie maklik om nie op iets te click nie.

Robert ·

@herman uys: dis woord speling. Enige slang byt dis die enigste manier om tande in die prooi te kry. Die giftige slang moet ook byt om sy tande in die prooi te kry om die gif te deponeer. Die slang los net baie vinnig sodat die gif sy werk doen.

William ·

Alle slange byt. Net voëls pik want hulle het snawels . n Slang het tande . Die vrou moes ook daarvoor gesoek het. n Luislang sal nie sonder rede om haar nek beland het nie . dit is ook onnodig om die slang se kop af te gesny het om sy greep te los . Die tipe nuus is net sensasie.

Veritas ·

William jy is amper reg. Alle slange ‘byt’ maar, ingeval van giftige slange, is dit ook korrek om die term ‘pik’ te gebruik. Dit was ook nie nodig om die slang se kop af te sny nie. Sovêr my kennis strek kan ‘n luislang van sy stert se kant af uit ‘afgewen’ word. Die persoon wat hier die snywerk gedoen het, het dalk vir die eerste keer met ‘n slang te doen gehad. My gevoel is dat die beste slang ‘n dooie een is.

marlene ·

Hoekom sal Maroela media nuus van Ohio, op ‘n Afrikaanse kanaal plaas? Vaderland, sekerlik het ons genoeg nuus in Suid-Afrika?
Pateties om die minste te sê.

Wian ·

Dankie Maroela, ons almal se wereldjies is nie so klein soos Marlene sin nie!

marlene ·

Sulke onnodige nuus uit Ohio. Het Suid Afrika nie slange nie????

Ja ·

Ja ons het ook slange maar dit is nie net luislange maar ook lui slange.

Cherokee ·

Toe, toe, toe Maroela, ek is dik daarvoor om julle te verdedig en meeste van die tyd het julle nie die ordentlikheid selfs om dit net te waardeer nie en bloot plaas dit nie.. So, hierdie keer doen julle dit self.

hoekom? ·

Want ons kan leer daaruit, dis hoekom. En dis bietjie iets anders. Ek vind dit grillerig, maar steeds interessant, MM.

Piet ·

Toinette almal kan mos sien dat jy en Marlene is een en die selfde persoon. Dis mos nie op MM se hoofnuus seksie nie. Voel jy nou vir een of ander rede verplig om dit te lees?

Cjan ·

Herman Uys se kommentaar is so deurmekaar soos bok in n skaapkraal.
Shame Herman!?!#*!

Haas ·

Ek weet nie of ek enigsins snags sal kan slaap met die wete dat daar 11 luislange op my erf is nie! Ek wonder ook maar hoe die slang om haar nek beland het in die eerste plek. En hoe en van wat het sy hom gered?

Manna ·

Ek geniet enige nuus. Hou daarvan om te weet wat in wêreld aangaan

Hermann V ·

Was die slang / vrou episode in RSA sou dit hoofnuus op alle radiostasies en voorblad op alle koerante gewees het asook op trump se twitter en al daardie sosiale webwerwe.

J ·

Ek dink mens bly soms DOM DOM DOM daar is tot so lied ook.:)) Leer uit ander se DOMHEID. ……nouja het TYD gehad om op die berig te klik …AL REDE hoekom ek dit gelees en geantwoord.

Flibo ·

Sy het maar net gekry waarvoor sy gesoek het. Moeilikheid. !!!!

Philip ·

Almal klae oor Maroela nuus oor teveel moord te veel slegte goed Nou oor n Liuslang rerig kom by mense is sensaasie iets anders as net moord en ontvoering en skiet hier en skiet daar . Ek weet my speling is vrot het desleksie maar gee nie om wat mense daar van se nie ..Gaan Groot Maroela nuus … Phillip

Danie ·

Net om te help. . .

Net voëls pik (hulle kos van die grond af of van waar ook af). ALLE slange BYT. Slange “pik” nie. Hulle het bekke met tande waarmee hul byt.

Helene ·

Ek geniet om nuus uit buiteland te lees. Verbreed jou horisonne. Jammer dat die slang met sy lewe moes boet!! Simpel vrou!!

Francois ·

Laat ek ook maar ‘n stuiwer in die armbeurs gooi. Die respondente wat so kla oor nuus van ander lande, hoekom verwerdig jy jouself om die nuus te lees as dit jou nie geval nie? Beweeg eerder aan na die “plaaslike” berigte en los maar liefs die onnodige kritiek. Daar is talle mense wat dit wel geniet om nuuswaardige berigte vanuit die buiteland te lees.
Ons lewe nie in die spreekwoordelike “bubble” nie en het nodig om berigte vanoor die hele wêrel te lees. Dit is presies wat fout was met Saners gedurende die jare voor die negentigs. Hulle was eng en naïef in hulle uitkyk en was van mening dat die hele wêreld om Suid-Afrika gedraai het.
Daar is daagliks berigte van moord en doodslag asook noodlottige ongelukke en dies meer en dit is verligtend om berig van ‘n heel ander trant te lees. Ons is al vuisvoos van al die negatiewe verslaggewing, hoe belangrik dit ookal is.
So, ‘n bietjie diversiteit doen geeneen enige skade en help om alles weer in perspektief te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.