Vrou gevind terwyl sy liggaam van kleuter in swaai stoot

swaaiʼn Kleuter is dood gevind in ʼn speelpark in Maryland in die VSA waar sy ma steeds besig was om hom op ʼn swaai te stoot.

NBC News berig ʼn inwoner het die polisie gekontak en gesê hulle het opgelet dat die vrou die kind vir ʼn ongewone lang tydperk op die swaai stoot. Polisiebeamptes is omstreeks 07:00 na die speelpark waar hulle gesien het die 3-jarige se liggaam hang leweloos in die swaai. Hulle het die swaai oopgesny om noodhulp op die kind toe te pas, maar die kind was reeds dood.

Diane Richardson, polisiewoordvoerder, het gesê die 24-jarige ma is na ʼn hospitaal geneem. Niemand in die buurt het haar glo geken of geweet waar sy vandaan kom nie. Die ma is later as Romechia Simms geïdentifiseer.

Die seuntjie, Ji-Aire, se pa, James Lee, is intussen opgespoor. Hy het aan NBC News gesê hy was voor die voorval hof toe om aansoek om alleen-toesig oor sy kind te doen omdat hy geglo het Simms ly aan ʼn geestesversteuring. Hy wou gehad het sy moet hulp kry en het gevoel hy is “die beter ouer in daardie stadium”. Die hof het nie Lee se versoek toegestaan nie.

ʼn Nadoodse ondersoek wat op Ji-Aire gedoen is, kon nie die oorsaak van sy dood bepaal nie. Richardson het gesê hulle glo Simms het die seuntjie vir ure op die swaai gestoot voordat hulle gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Alki ·

Liewe genade, hoekom moet die arme onskuldige kind altyd die spit afbyt in sulke gevalle. dit is hartseer verby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.