Vrou herenig met baba oor wie sy haar ná ongeluk ontferm

Tulonga, Nadja en Dex. Foto: Informanté/Martin Amushendje

Tulonga Neputa, die verbyganger wat haar direk ná ʼn gru-ongeluk op die pad tussen Windhoek en Okahandja in Namibië ontferm het oor ʼn agt maande oue baba wat die ongeluk oorleef het, het die baba en sy ouers besoek.

Vyf mense, onder wie die kind, Dex Heger, se oupa, Frank Joachim Heger (58), is in dié ongeluk op 7 Junie dood.

Die nuuswebwerf Informanté berig dié hereniging was behoorlik emosioneel en trane van dankbaarheid, empatie en hartseer het omtrent gevloei.

Niel Terblanche, ʼn verslaggewer van Informanté, sê Neputa, self ʼn ma van twee klein seuns, sê dit was ʼn baie emosionele oomblik.

“Nadja en Jürgen [Dex se ouers] het my bedank vir my braafheid en vir dit wat ek vir hulle en hul klein Dex gedoen het. Die ma het my baie lank vasgehou. Ná die tyd het Dex na my uitgereik en my gesig aangeraak – dit was ʼn baie emosionele oomblik.”

Maroela Media het vroeër berig Neputa het die gevoel beskryf wat haar oorweldig het op die ongelukstoneel en sy wou alles in haar vermoë doen om seker te maak die klein seuntjie is veilig. Hy het in sy karstoeltjie op die grond langs die wrak van sy oupa se dubbelkajuitbakkie gesit.

“Daar was rook en stof oral en dit het my hart gebreek om hom so hulpeloos te sien,” het Neputa gesê. “Dit was soos om een van my eie kinders vas te hou nadat ek hom vertroos het. Hy het my styf vasgehou totdat ek hom uiteindelik aan een van die paramedici kon oorgee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johann ·

Daar IS nog goed in die wereld. Dis dalk net n tyd waar ons by oormaat moet kies om die goeie in ons te laat uitkom as dinge ons begin vasdruk… eerder as agressie en doodspraak en woede? Maklik gepraat hoor ek al die klippe val… en presies dit ja: dalk makliker as wat ons wil toegee?

Liefie ·

Dis hoe ons wereld kan wees as almal net die twee mense se gesindheid gehad het. Hier het menswees verby kleur gekyk. Ek wens uit my hele hart dat SA vir n oomblik wil stil staan. Dat die goed die sleg kan oorwin en uit wis want ek glo uit my hele hart dit wat huidiglik in SA aangaan het absoluut niks met kleur te doen nie. Daar is net heeltemal te veel slegte mense in ons land en dit het absoluut niks met te kleur te doen nie. Kyk maar wat om jou aangaan in die howe en op nuus. Dis hartverskeurend dat die hoeveelheid patetiese rand wat jy kan kry meer as die lewe langs jou beteken. My hart bloei vir SA en ek super trots op die twee mense!

Mariska Meyer ·

Hierdie storie gee mens hoop vir ons stukkende land. Te midde van tragedie breek God deur met liefde en omgee. Dankie Abba.

LB ·

Dit is ‘n lekker storie om te lees. Ek wil egter ‘n ongemaklike vraag vra… Indien ek by ‘n ongeluks toneel dieselfde sou doen vir iemand van ‘n ander ras, sou dit soveel lof en publisiteit verdien? Vir my is dit ondenkbaar om nie te stop en te help waar moontlik nie, maak nie saak wat die omstandighede is nie dit is maar hoe ons mense is.

Hoekom word ons nie ook geprys waar ons hand uitsteek na ‘n brand in ‘n informele nedersetting en talle kratte kos, komberse en klere word dan ingesamel, kosgee by sopkombuise, komberse insamel vir die armes of op enige manier goed wees vir ‘n ander. Hang dit alles ook aan die groot klok sodat almal kan lees en weer en weer lees hoe goed ons mense oor die algemeen is vir ander, sodat die persepsie van selfsug en bevoorreg wees van ons as nasie kan verander, bygesê as mense WIL anders dink oor ons.

Cherokee ·

Natuurlik is jy reg LB, wanneer jy sê dat die munt ‘n ander kant het ook. En dat daardie kant geïgnoreer word omdat dit die wit kant is. Dit word nie eens genoem terwyl die anderkant oordryf word.

Karla Biltong von Hagen ·

Ek het n ongemaklike vraag vir jou. Hoekom is dit belangrik om erkenning te kry vir hulp wat jy mense gee? Dan doen jy dit bloot om die verkeerde redes. Hierdie is net n mooi positiewe storie. Jut let it be what it is.

Namibia ·

Dit is omdat dit in Namibia is. Ons het liefde, verdraagaamheid en respek vir mekaar. Jy kry hier en daar die een wat die rassekaart probeer speel, maar hulle word vinnig deur jul eie nasie vasgevat.

Trots Om n Namibier te wees ·

Die feit dat jy dit in n rasse storie verander is presies waar die probleem le. Verandering moet begin by elke person. Sukses word behaal deur een goeie daad op n slag. Wat Tulonga gedoen het, is merkwaardig. Hou op om vas te kyk in kleur en sien die positiewe daad raak. Wat n inspirerende storie. So goed om iets positief te lees en nie net te moet lees oor Moord, verkragting, onlus, haat en neid.

Mags ·

So ‘n mooi omgee storie en gebaar. Wonder hoekom nie vir jou nie?

Wilna Pretorius ·

Sulke mooi stories is net in Afrika waar mense nog regtig vir mekaar omgee! Daar is baie moord en dood maar ook regtig spesiale omgee.

Cherokee ·

Maar Wilna, enigeen van ons sal tog uitreik na ‘n baba wat hulpeloos is en sorg nodig. Dit is immers bloot menswees.

Mooiste voorbeeld van Moeder instink ·

Ons het die volle video gesien & ek sien net Moeder liefde. Die drang van omgee, versorg, red, daar wees. N Ma/vrou wat ondanks waarskuwings van moontlike ontploffings van die wrakke net een doel voor oe te he, te red, te troos en beskerm. Tulonga, dankie dat jy net jy was, dankie vir jou ware Moederhart.

Johan ·

Praise God. Liefde beteken baie. 1 saak staan uit en dus dat daar geen kleur by God is nie. Hoop die saak raak die land vir omgee asook die liefde wat aan ons almal gegee word as die agape liefde. Seën groete Suid Afrika . Shalom

R Burger ·

Ja, dis maar hoe ons Namibiers is. Ons reik uit na mekaar en laat nie toe dat ons “politieke gevangenisse” word nie, maar draers van Jesusliefde en respek. (Let wel, ons het wel ook vrot appels,) Dit het lankal tyd geword dat SA (en Namibië) se koerante meer positiewe nuus deel – so word die mens se denke positief gemaak. Hoe sê hulle: Jy ís wat jou denke is.

Israel ·

Iets word reg gedoen in Namibia,onthou jou loon ontvang jy van BO, doen nie iets goeds om te ontvang nie maar doen goed omdat jy al baie ontvang het…

smurfie ·

Is dit nie die mooiste seuntjie ever nie :)
Kyk net daai pragtige gesiggie

A.Z. ·

Ek wil niemand anval nie maar die Woord se duidelik dan jou een hand nie moet weet wat die ander hand doen nie. Doen jy dit om geprys te word of doen jy dit werklik om gesien te word of kom dit uit jou hart uit. As dit uit jou hart kom sal jy nie soek vir wereldse erkening nie. Danbaar vir die vrou wat haar hart gebruik het om die kindjie te help. Baie dankie aan haar.

LB ·

Vergun my asb die voorreg om my woorde van “weldade aan die groot klok hang” beter te verduidelik aangesien meeste lesers blykbaar nie tussen die lyne kan lees wat ek probeer sê nie.

Julle sal lees dat ek ook saamstem dat dit ‘n mooi storie is. Die res van my kommentaar handel oor die toestand van ons eie land waar geen blanke se weldade erken word nie maar as iemand die teendeel doen, word dit buite verband aangehaal en word ons ALMAL uitgekryt van rassime en die haat en nyd vlam hoog op en dit raak ‘n toestand wat buite beheer raak en almal se veiligheid in gedrang bring.

Ek het nog nooit gedink enige weldaad behoort beloon te word nie want dan is dit nie meer ‘n weldaad nie maar advertensie en dit was beslis nie my bedoeling nie, maar dat mense bewus gemaak moet word oor die goed wat die blanke aan die ander ook doen sodat daar meer verdraagsaamheid en ‘n gees van aanvaarding vir mekaar gekweek kan word. Waar anders moet ek dit opper as tydens die bespreking van so ‘n geval waar ek beter verstandhoudings bepleit onder alle rasse. Dit was werklik ‘n goed bedoelde aanmerking maar weereens besef ek dat woorde gevaarlike mediums is en begip vir mekaar raar of total onmoontlik.

Naas Vermaak ·

Ja, LB….maar hoekom kon jy nie net bly by die kern van die berig nie? Hoekom dit nie net suiwer mooi hou nie.? Hoekom vind mense dit altyd nodig om af te wyk, berigte te “highjack”….hierdie forum is berug daarvoor en dan wil ieder en elk mekaar se nekke omdraai…

Karolis ·

Ek glo nie daar is ‘n ma wat verby daardie toneel sou beweeg sonder om dieselfde daad te doen nie. Nie in Namibië nie, nie in Suid Afrika nie en ook nie in die hele wêreld nie. Dankie dat Tulonga Neputa dit spontaan bewys het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.