Vrou, kind sterf in Florida-skietvoorval

(Argieffoto)

Drie mense, onder wie ʼn kind, is dood toe ʼn gewapende man in ʼn kruidenierswinkel in Florida, VSA, ingebars en op klante losgebrand het. Die skieter het homself ook toe om die lewe gebring.

Die skietvoorval het Donderdag in die kruidenierswinkel Publix in Royal Palm Beach, sowat 130 km noord van Miami, plaasgevind.

Teri Barbera, woordvoerder van die plaaslike sheriff se kantoor, sê polisiebeamptes het by hul aankoms op die toneel op drie individue se liggame afgekom, onder wie die skieter, ʼn volwasse vrou en ʼn kind.

“Nadat die skieter op die klante losgebrand het, het hy sy geweer op homself gedraai,” sê Barbera.

Dit was die soveelste skietvoorval wat die afgelope paar dae in die suide van Florida afgespeel het.

Drie mense is Sondag dood en vyf gewond tydens ʼn skietvoorval by ’n gradeplegtigheid in Miami.

Maroela Media het vroeër berig twee mense is in Mei dood en minstens 20 gewond toe drie verdagtes met ski-maskers lukraak op konsertgangers naby Miami Gardens in Florida losgebrand het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Megan Swart ·

Dagsê Misky
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Cherokee ·

Met al die skieterye in die VSA , sal die Amerikaners dalk binnekort om amnestie vra by Suid Afrika. So, jy mag dalk Amerikaanse bure hê binnekort!

pestilensie ·

Goddelose wereld waar kinders sonder n waardestelsel groot word , die gevolge is daar maar voort beur die mensdom na sy eie selfvernietiging

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.