Vrou knip eks se geslagsdeel af

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Chinese vrou het glo haar voormalige kêrel se geslagsdeel met ʼn skêr afgesny voordat sy hom met ʼn hamer doodgeslaan het nadat hy haar glo verkrag het, het die hooggeregshof in Hongkong Maandag gehoor.

Yeung Ki (41) het erken dat sy die 32-jarige klavieronderwyser van Zhou Hui op 26 Desember 2012 doodgemaak het, maar pleit onskuldig op aanklag van moord, het die South China Morning Post Dinsdag berig.

Yeung en Zhou was glo jare lank in ʼn verhouding terwyl hy met ʼn ander vrou getroud was. Hy het glo die verhouding verbreek nadat sy swanger geraak het. Hy het glo ook ʼn paar keer geld by haar geleen maar dit nooit terugbetaal nie. Volgens Yeung het hy haar afgepers en gedreig om naakfoto’s van haar op die internet te publiseer as sy nie vir hom HK$200 000 (ongeveer R278 000) sou gee om ʼn voertuig mee te koop nie.

Zhou het haar glo ook die aand van sy dood aangerand, gestamp dat sy op die vloer val en hul dogter geklap. Hy het haar glo ook verkrag.

Sy het hom ná die vermeende aanranding bedwelm toe sy slaappille in sy sop opgelos het. Toe hy slaap het sy Zhou se geslagsdeel afgeknip en in die toilet afgespoel. Die koerant berig die man het wakker geword van die pyn.  Yeung het hom herhaaldelik met ʼn hamer geslaan totdat hy gesterf het. -SAPA-AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.