Vrou onthoof, nog twee dood na aanval by Franse kerk  

Foto: REUTERS/Eric Gaillard

ʼn Vrou is onthoof en nog twee mense is vermoor tydens ʼn vermoedelike terreuraanval by ʼn kerk in die Franse stad Nice.

Die aanvaller, wat met ʼn mes gewapen was, het glo “Allahu akbar” (“god is groot”) geskree voordat hy die moorde gepleeg het.

Christian Estrosi, burgemeester van Nice, het die aanval wat in of naby die Notre Dame-kerk gebeur het, as ʼn terreurdaad bestempel en gesê die aanvallers is aangekeer.

Volgens Estrosi is een van die mense wat in die kerk vermoor is, glo ʼn opsigter. “Die vermeende aanvaller is deur die polisie geskiet terwyl hulle hom aangekeer het. Hy lewe en is na ʼn hospitaal geneem,” het Estrosi gesê.

Foto: REUTERS/Eric Gaillard

“Genoeg is genoeg. Dit is nou tyd dat Frankryk homself vrystel van die vredeswette ten einde Islam-fascisme op ons grondgebied uit te wis,” het hy gesê.

Die polisie het gesê daar is bevestig dat drie mense dood en dat talle mense in die aanval beseer is. Estrosi het gesê die slagoffers is op ʼn “gruwelike wyse” vermoor.

“Die metodes stem sonder twyfel ooreen met dié wat gebruik is teen die dapper onderwyser Samuel Paty,” het Estrosi gesê met verwysing na die Franse onderwyser wat vroeër vandeesmaand onthoof is in ʼn aanval in ʼn voorstad van Parys.

Die Franse teenterreur-aanklaersdepartement het bevestig dat hy gevra is om die aanval te ondersoek.

Reuters-joernaliste op die toneel het gesê gewapende polisiebeamptes met outomatiese wapens het die area rondom die kerk afgesper. Ambulanse en brandweervoertuie was ook op die toneel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wat op dees Aarde ·

Radikale gelowiges is die grootste probleem wat ondervind word tov geloof. Niemand wil mekaar se gelowe respekteer nie, en alles moet afgedwing word. As dit nie jou manier van glo is nie, is dit geen ander manier nie. Daar is mos glad nie diversiteit in die wêreld meer oor nie.

Cornelius ·

Europa is in groot moeilikheid. Christelike kerke staan leeg en verlate terwyl Islam aan die groei is.

Jaco ·

FrankWaarom gaan bly Moslems in lande soos Frankryk? Goed wat sonde en met die dood strafbaar is in Islam is normaal in Frankryk: eet van varkvleis, buite huwelikse seks, gay huwelike. As jy weet jy gaan kultureel en godsdienstig nie daar inpas nie, moet dan nie soontoe gaan nie. Om die hele Frankryk tot Islam te bekeer gaan ook nie werk nie. Die Christendom is omtrent dood daar. Meeste mense is ateïste. Bitter min gaan in Islam belangstel.

Piet ·

Jy kan mos jou godsdiens in enige land wat godsdiensvryheid toelaat, beoefen. So terloops, meer as 50% van mense in Frankryk is Christene so ‘n redelike hoe persentasie.

Jack ·

Die Islam geloof het op grootskaal in die verlede geweld gebruik om mense tot Islam te “bekeer”. Veral ongelowiges (ateiste) is deur Islam voor ‘n eenvoudige keuse gestel: “Word ‘n moslem of word onthoof” Wat tans is Frankryk gebeur is te verwagte. Die Franse het duisende der duisende Moslem lugtelinge toegelaat, hulle verder toegelaat om in hulle eie kommunes te woon en gewoonweg voort te gaan met hulle godsdienstige en kulturele praktyke voort te gaan. Franse sekulêre inmenging is weggeweer. Sodra die Moslems genoeg self vertroue het sal hulle met hulle eeue oue proseliterings praktyke begin. Mense lewens beteken vir hulle niks. Die oppermag van Islam is alles.

groenboer ·

Inderdaad: sulke aanvalle sal maak dat mense ‘n selfs groter afkeer in Islam ontwikkel, en sal nie werk om enigiemand te bekeer nie. Maar gaan lees Nassim Taleb se artikel “The Most Intolerant Wins: The Dictatorship of the Small Minority” (maklik om op die web te vind), waarin hy verduidelik hoe selfs ‘n klein minderhied hul wil op die res kan afdwing, deur bloot hardkoppig genoeg te wees.

Niemand sal bekeer nie, maar almal buig maar die knie om die vrede te probeer bewaar. Dit is ‘n fout. Soos Taleb tereg opmerk: die weste is besig om selfmoord te pleeg.

Europa gaan maar mooi moet dink oor wie en wat hulle toelaat om in derduisende in hul lande in te stroom, bloot sodat hulle die hele wêreld kan wys hoe liberaal en verdraagsaam hulle is.

Adam Adriaan ·

Stadig maar seker begin die Europiërs agter kom dat hulle beleid nie entlik van die begin af gewerk het nie.

Inkpot ·

Sit die spul op ń boot en stuur hulle terug na hulle eie land.
Wat soek hulle in Frankryk?
Parys is vinnig besig om sy glorie te verloor met al die “vlugtelinge” wat sommer op straat slaap. Die stad raak vuil en gevaarlik.

JM ·

Volgens hierdie moordenaars, is dit nie waarlik God wat groot is nie, maar satan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.