Vrou op filmstel doodgeskiet toe Alec Baldwin kammawapen vuur

Die skietvoorval waarby die akteur Alec Baldwin betrokke was, het op die stel van die rolprent “Rust” gebeur. (Foto: Angela Weiss/AFP)

Die Amerikaanse akteur Alec Baldwin het ʼn kammawapen afgevuur wat ʼn kinematograaf gedood en ʼn regisseur op ʼn rolprentstel in Nieu-Mexiko gewond het.

Die voorval het Donderdag op die stel van Rust in die Amerikaanse deelstaat Nieu-Mexiko gebeur waar Baldwin die hoofrol in ʼn 19de eeuse Western vertolk.

Halyna Hutchins en Joel Souza “is geskiet toe ʼn kammawapen deur Alec Baldwin afgevuur is,” het die sheriff van Santa Fe in ʼn verklaring gesê.

Hutchins (42) is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal gevlieg, maar het aan haar wonde beswyk, terwyl Souza (48) met ʼn ambulans vervoer is en steeds behandel word.

“Speurders het mnr. Baldwin ondervra,” het Juan Rios, ʼn woordvoerder van die sheriff se kantoor in Santa Fe, gesê.

“Hy het verklarings afgelê en hul vrae beantwoord. Hy het vrywillig ingekom en het die gebou verlaat nadat hy sy onderhoude afgehandel het. Geen aanklagte is aanhangig gemaak nie en geen inhegtenisnemings is gedoen nie.”

Die Santa Fe New Mexican het foto’s van ʼn uiters bekommerde Baldwin gepubliseer wat glo ná die tragedie in die parkeerterrein van die filmstel geneem is.

Die koerant berig sy verslaggewer het die akteur in trane gesien nadat ondersoekers hom ondervra het.

ʼn Woordvoerder van die produksie het aan The Hollywood Reporter gesê die ongeluk het met ʼn kammawapen wat met loskruitpatrone gelaai was, gebeur.

Die voorval het by die Bonanza Creek Ranch plaasgevind, ʼn venue wat gewild is by Hollywood-rolprentmakers.

Rolprentstelle het gewoonlik streng reëls oor die gebruik van fopwapens, maar ongelukke gebeur.

In een van die bekendste voorvalle is Brandon Lee, seun van die gevegskunslegende Bruce Lee, tydens die verfilming van The Crow dood toe hy geskiet is deur ʼn wapen wat veronderstel was om loskruit te skiet.

Baldwin is medevervaardiger van die rolprent en speel die rol van Harland Rust, ʼn voëlvryverklaarde, oftewel outlaw, wie se kleinseun aan moord skuldig bevind word. Die twee slaan saam op die vlug wanneer die seun gevonnis word om gehang te word.

Die 63-jarige het vroeër Donderdag ʼn foto op Instagram gedeel, oënskynlik op die rolprentstel, waarin hy in ʼn periode-uitrusting geklee is met kammabloed op sy hemp.

ʼn Gesamentlike verklaring deur John Lindley en Rebecca Rhine van die Internasionale Gilde van Kinematograwe, het die nuus oor Hutchins se dood as “verwoestend” bestempel.

“Die besonderhede is in hierdie stadium onduidelik, maar ons probeer meer uitvind en ons steun ʼn omvattende ondersoek na die tragiese gebeurtenis. Dit is ʼn geweldige verlies en ons rou oor die dood van ʼn lid van ons gilde se familie,” het Variety berig.

Baldwin is sedert die 1980’s ʼn bekende gesig op TV en in rolprente.

Hy het rolle vertolk in verskeie bekende rolprente, waaronder The Hunt for Red October en twee flieks van die Mission: Impossible-franchise. Hy het ook stemwerk gedoen in treffers soos The Boss Baby.

Hy het talle nuwe ondersteuners gekry vir sy uitbeelding van Donald Trump op Saturday Night Live, ʼn karakter wat die oudpresident geïrriteer het, maar aan Baldwin ʼn Emmy besorg het.

Akteurs soos Jensen Ackles (Supernaturals) en Travis Fimmel, bekend vir sy rol as Ragnar Lothbrok in Vikings, vertolk ook rolle in Rust.

Die Bonanza Creek Ranch, waar Donderdag se voorval gebeur het, was al gasheer vir produksies soos Hostiles, Cowboys & Aliens, Appaloosa”en Longmire.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Gerhard ·

MM, gee asb ‘n opdatering as daar meer inligting is. Fopwapens word baie gebruik
.

Klipkop ·

Kamma “cowboys” en “crooks” moenie met regte wapens speel nie. Hulle moet kammawapens gebruik ook en nie net kamma-ammunisie nie.

Werner ·

Darem snaaks hy is dan so anti vuurwapen en wil hé dat dit verban moet word.Maar maak darem lekker geldjies met sy dubbele standaarde.Moes maar liewer n kurses gedoen het oor wapen veiligheid voor hy met hulle wou speel.Sal seker nou weer die vuurwapen se skuld wees.

Perdeby ·

Lyk my nie jy verstaan wat jy lees nie. Hyhet gedink dit is ‘n “kamma” vuurwapen wat hulle vir hom gegee het om te gebruik. Ek neem aan jy maak jou kind se speel geweer ook eers veilig voor hy kan speel. Niemand het gese dit is die vuurwapen se skuld nie, maar ja die vervaardigers sal moet pa staan vir hierdie een. Hierdie was ‘n ongeluk.

Werner ·

Ou Toetie jy verstaan duidelik nie wat jy lees nie.Die man is anti vuurwapen maar tog maak hy sy geld met aksie films.Dit is dubbele standaarde.As hy die veiligheids maatreels van n vuurwapen geken het het die ongeluk nie gebeur nie.Duidelik was die wapen nie met loskruit rondtes gelaai nie.

Keelvol ·

Toetie, jy ken nie van Hollywood nie. Die wapens wat op movie stelle gebruik word, is nie “kamma vuurwapens.” Dis opregte wapens wat met loskruit skiet. Die wapens word nie deur die akteurs gelaai nie. Dis die “propmaster “ se verantwoordelik. Wanneer die wapen vir die akteur gegee word op die stel, kondig die “propmaster” aan dat daar n gelaaide wapen op die stel is. Die akteur inspekteur nie die wapen self nie. Die vuurwapen vervaardiger hoef nie pa te staan nie. Dit wat gebeur het kan slegs aan growwe nalatigheid toe geskryf word aan die “propmaster “ se kant.

Frank ·

Libs weet nie water kant is die voorkant nie, wat nog te sê watter kant die ammo ingelaai word. Maar nou ja, ek neem aan daar was iemand ander verantwoordelik om seker te maak so iets gebeur nie.

Piet ·

Jy sal nie weet as dubbele standaarde jou teen die voorkop tref nie.
Hy is eerstens ń AKTEUR, weet jy wat akteurs doen Werner?

Keelvol ·

Piet, die akteurs het almal dubbel standaarde. Danny Glover & Louis Gosset Jr is net n paar om van te noem. Hulle was groot anti-apartheid teenstanders maar bly tjoepstil oor die aanslag teen ons boere op die plase, teenoor die aanslag van die boere in zimbabwe. Duidelik het jy ook dubbele standaarde.

JohanR ·

Nie die eerste persone wat op ‘n filmstel met ‘n kammawapen beseer en gedood is nie. Dink hier aan Brandon Lee seun van Bruce Lee. Wat is die Engelse gesegde – do not point a weapon in jest, it might just go off.

marius ·

Maak ‘n film oor ‘n seun wat iemand per ongeluk skiet en aan moord skuldig bevind word , en dan gebeur dit .

SlinkseKoljander ·

Dit moet erg wees om te weet jy het iemand se lewe geneem, hy gaan vir die res van sy lewe met dit sit.

Frank John ·

Vergesog sou ek sê, nadat soveel films hieroor gemaak is, fiktief, gebeur dit steeds? Ek weet nie, dis big time nalatigheid.

Adri ·

Ek kan nie verstaan hoe so iets gebeur nie. Kan ‘n kammawapen dan skiet? Dan is dit mos nie ‘n kammawapen nie, maar ‘n regte wapen.

Mariaan ·

Ag nee! Dis tragies…arme Alec…kan net dink hoe hy ook moet voel…maar verstaan nie hoe gebeur so iets nie?.?

annie ·

Ag, en hy’t tog te lekker gespot met Trump. Wat ‘n pateet…

Santie Gildenhuys ·

Ai, die oumense het nie verniet gesê die duiwel laai hom nie.

Klein Karoo Loper ·

Alec moes maar eerder met Biden gespot het, want hy sou dit nie onthou het nie. As ek die woord Hollywood hoor wil ek kots.

Keelvol ·

Hy het n groot bespotting van Donald Trump probeer maak en kyk nou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.